Dierevoeding

Garsstof as voeding

Vraag

Ek kry ongeveer 30 ton per maand gars, mout, semels en stof van die filtreersisteme by 'n brouery. Die gars en mout word gemaal en aan varke en beeste gevoer. Wat kan ek met die semels (wat baie stof bevat) en die filterstof doen? 1) Kan dit in pille gedruk word? 2) Moet ander voer bygevoeg word? 3) As pille gedruk word kan melassestroop as bindmiddel gebruik word? 4) Sou die pille vir alle plaasdiere geskik wees?

Antwoord

My vermoede is dat die “stof” ‘n redelike voedingswaarde het.  Dit sal egter met die ontleding van ‘n verteenwoordigende monster of twee bevestig moet word.

Gebruik gerus die “stof” teen sowat 10% in voermengsels met tussen 8% en 12% melassemeel as bindmiddel.

Geskryf deur: Ulrich Muller, Voermol Voere

19 Augustus 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X