Dierevoeding

Gars as veevoer

Vraag

Hoe goed is Bali vir veevoer en wat is die siklus van Bali?

Antwoord

Ek vermoed “Bali” is barley = gars.

Ek het self nog nie met gars navorsing gedoen nie. Daar is egter in die internasionale literatuur publikasies wat aandui dat garsweiding goed vergelyk met hawerweiding. Ru-proteïen waardes van tussen 12 % en 19 % word aangedui. Dit blyk volgens die literatuur dat gars meestal gebuik word om die sogenaamde hidroponiese stelsels, met ander woorde jong spruite, in saailaaie te teel. Dit dien ook verder vermeld te word dat daar teen opblaasmoontlikhede in die literatuur gewaarsku word.

 

Die beste planttyd vir eenjarige winterweidings is Februarie/Maart.

 

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@nashuaisp.co.za)

 

17 Maart 2013


Kommentaar

Een kommentaar op “Gars as veevoer

  1. ELIZE
    ELIZE

    wil graag weet is dit goed vir bokke en waar kry mens die saad om bali te plant


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X