Dierevoeding

Druiwedoppe verskil in voedingswaarde

Vraag

Druiwedoppe verskil ook baie van mekaar. Sekere doppe bevat baie rosyne en die doppe is soet. Ander doppe is uitgegiste doppe met baie min of geen suiker. Kan julle meer inligting verskaf?

Antwoord

Enige nuwe grondstof of nuwe besending (batch) van ‘n grondstof wat gebruik word, moet altyd eers in ‘n geakkrediteerde voedingslaboratorium ontleed word om sy werklike voedingswaarde te bepaal voordat dit gebruik word om ‘n rantsoen te formuleer of gevoer word. Rosyne sal definitief ‘n hoër suikerinhoud hê en dus ook ‘n hoër voedingswaarde in terme van energie (TVV). 

Professor Tersius Brand van Elsenburg het die chemiese samestelling van druiwedoppe by verskillende grade van saponttrekking bepaal. Die proteïeninhoud van die monsters was laag, terwyl die proteïen waarskynlik ook swak benutbaar was weens die aanwesigheid van tanniene. Die totaal verteerbare voedingstowwe (TVV) het skerp afgeneem met ‘n toename in die hoeveelheid sap wat onttrek is. Indien minder as 700 liter/ton sap onttrek word, blyk die residu’s (druiwedoppe) wel ‘n potensiële bron van voer vir beeste te wees. Voorspellings dui daarop dat die potensiële melkproduksie van melkkoeie ongeveer 15 liter/dag is met druiwedoppe waar slegs 550 liter/ton sap onttrek is, indien die doppe in ‘n volledig gebalanseerde rantsoen ingesluit sou word. Die negatiewe invloed van tanniene kon egter nie in berekening gebring word nie. Volgens die literatuur verlaag produksie met toenemende vlakke van druiwedoppe in rantsoene vir herkouers. Die metaboliseerbare energiewaarde (ME) van doppe, waar 700 liter sap/ton uitgedruk is, is vergelykbaar met die energiewaarde van lusernhooi (8.9 MJ ME/kg DM). Die ME-inhoud van doppe, waar 550 liter sap/ton uitgedruk is, is ongeveer 80 % van die waarde van gars (13.0 MJ ME/kg DM).
 
Die voedingstofinhoud van druiwedoppe is afhanklik hoeveel sap onttrek is. ‘n Tipiese voedingstofinhoud van druiwedoppe (op ‘n 100 % droë materiaalbasis) met verskillende grade van saponttrekking, is:
 
Chemiese samestelling
Monstertipe
Volledig uitgedruk
800 liter/ton
700 liter/ton
550 liter/ton
 
 
 
 
 
Vog
60.8 %
58.0 %
67.7 %
71.7 %
Proteïen
10.3 %
8.4 %
6.4 %
5.3 %
Ruvesel
31.7 %
26.9 %
18.8 %
15.4 %
TVV
17.1 %
39.2 %
55.5 %
66.5 %
Tanniene
2.24 %
1.8 %
1.6 %
1.1 %
Kalsium
0.32 %
0.29 %
0.23 %
0.21 %
Fosfor
0.19 %
0.19 %
0.16 %
0.15 %
Magnesium
0.10 %
0.10 %
0.09 %
0.09 %
Koper
16 mg/kg
10 mg/kg
8 mg/kg
7 mg/kg
Sink
14 mg/kg
15 mg/kg
18 mg/kg
22 mg/kg
Mangaan
32 mg/kg
23 mg/kg
23 mg/kg
24 mg/kg
Yster
2310 mg/kg
176 mg/kg
364 mg/kg
730 mg/kg
Druiwedoppe word wel goed deur herkouers gevreet. Dit mag moontlik in sekere gevalle waarde hê waar dit sonder addisionele koste aan diere gevoer word. Die hoë voginhoud van druiwedoppe maak die grootskaalse gebruik daarvan onprakties.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
9 April 2012
 
Lees ook:
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X