Dierevoeding

Droogtevoeding wat oesreste bevat

Vraag

Ek is van die Noord-Kaap in die Postmasburgomgewing. Ons beleef tans ‘n hewige droogte. Ons het mielieresbale gekoop om as byvoeding op die veld vir beestroppe te gee. My eerste vraag: Watse lek kan ons bykomend gee om te verseker dat die bale optimaal benut word deur die beeste? Ons huidige lek bestaan uit P12 fosfaat, Sout, Super18 en Browse Plus op 'n 1:1:1 verhouding en Browse Plus werk uit op 5g per bees per dag. My tweede vraag: Hoeveel kg moet elke bees per dag van die bale inneem sodat hulle nie verder agteruit gaan nie?

Antwoord

Die voedingswaarde van gebaalde mieliereste is hoogstens voldoende vir onderhoud van beeste.  Indien net so gevoer, word baie van die growwe stamme en blaarmateriaal vermors.  Die smaaklikheid en voedingswaarde van gebaalde mieliereste (of enige swak gehalte ruvoer) kan verhoog word deur dit met Voermol LS33 (V2678) te behandel.  Verdun LS33 in gelyke dele met water en sprinkel of spuit 1 liter van die mengsel op ongeveer 10 kg mieliereste.  Voer 8-10 kg van die behandelde mieliereste per bees per dag.  Die alternatief is om Voermol Premix 450 (V4676) as lek teen 400-600g per bees per dag saam met onbehandelde mieliereste te voer.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

31 Oktober 2015

Lees ook:

https://hulp.landbou.com/kundiges/dierevoeding/onderhoudspil-vir-droogtetoestande/

https://hulp.landbou.com/kundiges/dierevoeding/voerpilresep-vir-droogte-en-wintermaande/

https://hulp.landbou.com/kundiges/dierevoeding/kuilvoer-van-indringerbos/

https://hulp.landbou.com/kundiges/dierevoeding/renosterbos-met-melasse-vir-droogtevoeding/

https://hulp.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/bestuur-van-skape-tydens-droogte/

https://hulp.landbou.com/wp-content/uploads/2014/03/cd54368e-8fd2-40e7-9988-e638a3697c6b.pdf

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X