Dierevoeding

Drakrag van weiding vir skape in ‘n roteringstelsel

Vraag

Eerstens dankie aan die webblad dit help geweldig baie. My vraag is: Ek sit op die plaas net buite Bloemfontein op die Petrusburg pad uit. Ek het ou droëlande wat al vir 12 jaar staan en die lande is nou vol met steekgras. Ek oorweeg om uit te brei met skaap op die lande. Dis 3 lande 15, 13 en 10 ha. Ek is in besit van ‘n groot hidroponiese voerkas, so die plan is om die skaap aan te help deur die winter met die groenvoer. Ooie wat laatdragtig is en lammers sal vir die tydperk verskuif word na eenjarige raaigrasweiding onder besproeiing. Hoeveel ooie sal ek daar kan aanhou in ’n roteringsprogram? Lekke sal natuurlik altyd beskikbaar wees. Baie dankie aan al die hulp van die webblad.

Antwoord

Ek neem aan dat die 38 ha oulande wat huidig vol steekgras is met ‘n meerjarige someraangeplante weiding soos bv. Smutsvingergras hervestig sal word.  Smutsvingergras met ‘n goeie stand wat bemes is, behoort in u omgewing 3.5 tot 4.5 ton droëmateriaal per ha per jaar te produseer.  Die weidingkapasiteit vir 5 tot 6 maande in die somer sal in die orde van 10 tot 15 droë ooie (60 kg ooi) per ha wees.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

4 Desember 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X