Dierevoeding

Byvoeding vir swak boklammers

Vraag

Ek het inheemse veldbokke wat onlangs gelam het. Twee van die jongooie se lammers is egter baie swak. Ek het gewonder of dit moontlik is om vir die lammers 'n soort byvoeding te gee, maar is bang dat die ooie hulle dan sal weggooi.

Antwoord

Wanneer die lammers baie swak met geboorte is, het die ooie waarskynlik nie voldoende of nie die regte byvoeding gedurende laatdragtigheid ontvang nie. Hierdie lammers is dikwels klein met geboorte en daarom is hulle swak, neem lank om op te staan en suip dikwels nie binne een uur na geboorte nie. Dit tesame met die feit dat die ooie heel waarskynlik nie voldoende bies en melk produseer nie, verhoog die risiko dat die lammers óf van ‘n energietekort óf ‘n siekte kan vrek. Die ooie moet onmiddellik ‘n goeie gehalte lek (250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200 kg gemaalde mielies + 50 kg sout) teen 500 g/ooi/dag gevoer word. Indien die weiding van ‘n swak gehalte of onvoldoende is, moet lusernhooi ad lib. bygevoer word.  Die lammers kan vanaf sewe dae ouderdom ‘n kruipvoer (150 kg Voermol SS 200 + 150 kg Voermol Procon + 550 kg gemaalde mielies + 40 kg Voermol Melassemeel + 75 kg fyngemaalde lusern) ad lib. bygevoer word. Die beste opsie is egter om hierdie ooie elkeen apart met hulle lammers vir 10 tot 14 dae in ‘n lamhok te sit en toe te sien dat die lammers voldoende melk inneem. In die lamhok moet die ooie, in plaas van bogenoemde aanvulling, ‘n volledige Lammerooirantsoen (375 kg gemaalde lusern + 350 kg gemaalde mielies + 100 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 100 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel) ad lib. gevoer word. Pas die ooie stadig en geleidelik op hierdie Lammerooirantsoen aan.

 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
6 Junie 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X