Dierevoeding

Byvoeding vir rooi hartebeeste

Vraag

Watter byvoeding kan ek vir rooi hartebeeste gee? Hulle wil nie kuilvoer vreet nie.

Antwoord

Meeste diere moet leer om kuilvoer te vreet. Sommige skape neem ‘n ruk om kuilvoer te leer vreet. Wild is bekend dat hulle langer gaan neem om byvoeding en veral dié met ‘n "anderse" (suur) smaak en reuk te aanvaar en te leer vreet. Die beste opsie is om smaaklike ruvoer soos lusern uit te sit. Plaas die "lusernpakkies" op die grond uit en gooi Voermol Wildkorrels bo op die "lusernpakkies" om hulle ook te leer om die wildkorrels te vreet. Voermol Wildkorrels is ‘n gebalanseerde aanvulling wat geen medikasie bevat nie, maar slegs natuurlike proteïen met die nodige spoorelemente. Die aanvulling van mieliekuilvoer alleen is ‘n ongebalanseerde aanvulling en bevat ook nie ‘n gebalanseerde minerale en spoorelementsamestelling nie. Indien die diere skraal is, kan hulle 2 tot 4 kg Voermol Wildskorrels per kop per dag gevoer word met vrye toegang tot ruvoer (lusern) en/of weiding.

 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
1 Maart 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X