Dierevoeding

Byvoeding vir ligter kalwers wat op wintersveld loop

Vraag

Ons wil al ons kalwers nou gelyk speen. Die bo 200 kg gaan ons voer. Watter byvoeding kan ons die ligter kalwers gee terwyl hulle op die veld loop, maar tog groei om dan later te voer? Dit moet baie ekonomies wees. Dankie vir u tyd.

Antwoord

Indien die area in ‘n suurveldgebied met strawwe winters is waar die wintergrasveld van ‘n lae gehalte is, sal ‘n lek nie voldoende wees om ‘n matige groei te onderhou nie. Die beste in hierdie geval is om ‘n kragvoeraanvulling (200 kg Voermol SB 100 + 50 kg Voermol Procon + 750 kg fyngemaalde mielies) teen 1.5 tot 2 % van liggaamsmassa te voer. ‘n Kalf wat dus 150 kg weeg, moet dus minstens 2.25 tot 3 kg per dag van die kragvoeraanvulling gevoer word. Maak seker daar is voldoende vreetspasie sodat al die kalwers gelyk kan vreet. Die voedingspeil kan verhoog word totdat die gewenste groeitoename verkry word. Hierdie manier van voer sal ook verseker dat die kalwers klaar aangepas is wanneer hulle na die voerkraal geskuif word. Daar moet te alle tye voldoende ruvoer op die veld beskikbaar wees. 

Indien die area in die soetveldgebied is waar beter gehalte grasweiding beskikbaar is, behoort Voermol Produksielek teen 1 tot 1.5 kg per kalf per dag voldoende te wees, mits daar voldoende relatief goeie gehalte weiding beskikbaar is. Indien die gewenste groei nie verkry word nie, moet na bogenoemde kragvoeraanvulling oorgeskakel word.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
7 Junie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X