Dierevoeding

Bulle wat vetgemaak word, het diarree, verloor gewig

Vraag

Ek het 'n Jersey- en Friesbul wat ek wil vetmaak. Hulle weeg omtrent 250 kg en ek het hulle met Zeramec gespuit. Hulle vreet mielies en SB100 en gras apart. Ek het eers Procon 33 by gemeng toe werk hulle mae, ek vat dit toe weg, maar nou lyk dit asof hulle maer word en nie vet nie. Hulle vreet nou omtrent 13 kg per dag in drie dele. Wat doen ek verkeerd, is die kos te min of wat? Hoekom werk hulle mae van die Procon?

Antwoord

/* Style Definitions */
table.MsoNormalTable
{mso-style-name:”Table Normal”;
mso-tstyle-rowband-size:0;
mso-tstyle-colband-size:0;
mso-style-noshow:yes;
mso-style-parent:””;
mso-padding-alt:0cm 5.4pt 0cm 5.4pt;
mso-para-margin:0cm;
mso-para-margin-bottom:.0001pt;
mso-pagination:widow-orphan;
font-size:10.0pt;
font-family:”Times New Roman”;
mso-ansi-language:#0400;
mso-fareast-language:#0400;
mso-bidi-language:#0400;}

Dit wil voorkom of die beeste subkliniese asidose (suurpens) of selfs ‘n chroniese suurpens het.  Procon kan nie die diere se mae laat werk nie, maar wel die mieliemeel.  Diere se mae kon begin werk het indien hulle nie aanvanklik stadig en geleidelik op die rantsoen aangepas is nie, die rantsoen nie korrek gemeng is nie en daar te min ionofoor in die finale rantsoen is of as daar te min ruvoer beskikbaar is of indien hulle op ‘n stadium sonder ruvoer was.

Indien die diere steeds maagwerk het, staak alle kragvoer byvoeding en voorsien net goeie gehalte ruvoer tot dat hulle mae herstel het.  Begin dan om hulle van vooraf geleidelik op die volgende kragvoermengsel aan te pas:

            Kragvoermengsel

            200 kg Voermol SB 100

              50 kg Voermol Procon

              80 kg Voermol Melassemeel

            650 kg gemaalde mielies

            980 TOTAAL

 

Voer die beeste die eerste dag slegs 2 kg per bees van bogenoemde kragvoermengsel en verhoog dit elke derde dag met 1 kg per bees totdat ad lib.-voedingspeil bereik word.  Voer elke dag se hoeveelheid in twee, maar verkieslik drie porsies (oggend, middag en laatnamiddag) en maak seker dat daar voldoende vreetspasie is sodat al diere gelyktydig kan vreet.  Voldoen ruvoer (grashooi) of grasweiding moet 24 uur per dag ad lib. beskikbaar wees.  Die totale voerinname van die diere is ongeveer 3 % van liggaamsmassa, dus ‘n 250 kg bees sal ongeveer 7.5 kg voer per dag inneem, maar dit kan hoër wees onder koue toestande wat die diere se onderhoudsbehoefte verhoog.  Soos die diere dus swaarder word, sal die inname toeneem en daarom moet die voedingspeil voortdurend volgens die diere se massa aangepas word.  Voldoende koel en skoon drinkwater moet te alle tye beskikbaar en so na as moontlik aan die skaduwee wees.

Geskryf deur: Dr. Jasper Coetzee, Professionele Veekundige (400328/83), Kleinveevoeding- en Bestuurspesialis (jasperco@iafrica.com)

Lees ook:

Suurpens of asidose


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X