Dierevoeding

Brood as voeding vir herkouers

Vraag

Ek kan nat en droë gemaalde brood by iemand naby ons kry. Hoe is die voedingswaarde van brood vir die bokke en ander diere? Is daar iemand wat wel brood vir diere gee as byvoeding? Wat is die koste daarvan? Ek weet my hansbokkie is BAIE lief vir brood!

Antwoord

Brood kan op sekere voorwaardes aan bokke en ander herkouers gevoer word.  Aangesien brood baie vinnig in die grootpens van die herkouer fermenteer (verteer), hoop die sure op wat tydens die fermentasieproses in die pens van die skape gevorm word indien die diere te veel van die brood op een slag vreet.  Hierdie toestand kan tot laminitis (diere begin styf loop), suurpens (asidose) en selfs vrektes aanleiding gee.  Diere moet dus eerstens stadig en geleidelik op die brood aangepas word om metaboliese steurnisse te voorkom. Maksimum 30 % van die mieliemeel in ‘n volledige rantsoen kan deur brood vervang word.  Begin aanvanklik om eers 10 % van die mielies met brood te vervang en vermeerder dit dan geleidelik tot 30 %.

In produksielekke kan maksimum 50 % van die mieliemeel deur brood vervang word en in onderhoudslekke kan al die mieliemeel met brood vervang word.
Melkkoeie van ‘n melkprodusent van George, wat in 2009 te veel brood geëet het, het akute suurpens gekry.  Die gevolg was dat 58 koeie gevrek het en 19 geaborteer het.
Nat (vars) brood moet so gou moontlik gevoer word omdat dit kan muf. Gemufde brood moenie vir diere gevoer word nie, want dit kan skadelike swamme bevat.  Veral dragtige diere is baie gevoelig vir swamme en dit kan tot aborsies aanleiding gee.
Die koste van die brood sal van verskaffer tot verskaffer verskil en die prys moet dus by die betrokke verskaffer verkry word.
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, private dierevoedingkundige (jasperco@iafrica.com)
18 Maart 2012
Lees ook:

Kommentaar

Kommentaar (2) “Brood as voeding vir herkouers

  1. Jaco van Staden
    Jaco van Staden

    Ek verskaf gedroogde en gemaalde brood en hoendermis aan verskeie voerkrale en het nog nooit ‘n probleem gehad met enige diere wat van die brood siek geword het nie! As die brood goed gedroog en gemaal is, kan dit tot 33% van jou voermengsel uitmaak. Indien enigiemand ons standard-mengsel wil hê, kan hulle my gerus kontak vir gratis inligting. Brood en hoendermis is ‘n wenkombinasie (mieliemeel is ook nie juis vir ‘n herkouer nie). Mieliereste en Chop wel, maar dit kan maklik met brood vervang word en die voeronkoste baie laat krimp. 083 420 8119 Jaco van Staden

  2. Jaco van Staden
    Jaco van Staden

    Indien brood gedroog en gemaal is kan dit mielies in jou mengsel vervang; ek verskaf gedroogde brood aan verskeie voerkrale en nog nooit het ‘n dier siek geword nie! Sommige boere gebruik n derde gedroogde brood en n derde hoendermis in hul mengsel, dis ‘n baie goeie kombinasie as jy vet beeste wil hê.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X