Dierevoeding

Brazeed-gras

Vraag

Ek lees die artikel in Landbouweekblad van die manne wat gras gaan kyk het in Brazilie vanaf Viljoenskroon. Weet iemand waar ek die Brazeed manne aan die hande kan kry in Viljoenskroon?

Antwoord

Kontak vir mnr. Gielie Nieuwoudt 084 800 0193 – gielie@brazseed.co.za


Kommentaar

Kommentaar (12) “Brazeed-gras

  1. Fanie rudolph
    Fanie rudolph

    Dag Gielie. Ag buurman ek sukkel vreeslik om informasie te kry aangaande die gras van Brazilie. ek sien jy is n agent kan jy my dalk meer informasie gee aangaande die produk. Dinge soos verkrygbaarheid,koste per ha,min natuurlike reenfal benodig,max hitte en koue verdraagsaamheid watter tyd van die jaar dit geplant moet word. Ek woon tussen Louis Trichardt en Levubu,en het n goeie jaarlikse reenfal, hoewel ek sal besproei as ek moet. Dankie byvoorbaat Fanie.

  2. Fran
    Fran

    In watter datum van die Landbouweekblad verskyn die artikel ? Kan iemand dringend help asseblief ?

    Baie dankie

    Frank Craig

    Volhard boerdery

  3. Luan Swart
    Luan Swart

    Het al epos gestuur, maar geen reaksie van hierdie agent nie. Is daar dalk iemand anders wat iets weet, en mens wil help?

  4. Janbez

    Die artikel het in LBW van 20 Julie 2012 verskyn.

  5. Andre nel
    Andre nel

    Goeie dag
    Julle kan my gerus kontak oor inligting rakende brazseed se produkte
    My e-pos : ajhnel@hotmail.com
    Groete
    Andre nel

  6. Gustav Hauptfleisch
    Gustav Hauptfleisch

    Vir enige navraag i.v.m Brazseed, kontak my gerus vir spoedige terugvoering,gustav@brazseed.co.za. Brazseed groete.

  7. Gustav Hauptfleisch
    Gustav Hauptfleisch

    Vir enige inligting i.v.m Brazseed en spoedige terugvoering,kontak my gerus op gustav @brazseed.co.za of 0767251882.

  8. Kobus De Beer
    Kobus De Beer

    Brazseed. Vir enige navrae in Gauteng en Noord Wes. Kontak my gerus op 083 227 0764.

  9. AC vanZyl
    AC vanZyl

    Ek woon in Namibië , en sal graag meer wil weet en of ons Brazseed ook hier kan benut.

  10. Parie
    Parie

    Ek sal ook graag meer te wete wil kom. Ek boer in noord kaap tussen Calvinia en Sutherland. Wie is die naaste agent waarmee ñ mens kan praat

  11. Estvan
    Estvan

    Ek het 19ha onder brazeed gesit vir n toets. Die gras het uiters goed gegroei en ek het 100 bees op die land laat wei deur strook beweiding toe te pas. Dit het lekker gewerk tot mei die jaar en toe ryp die hele land vrek in die winter. Ons het gehoop die gras sou weer uitloop maar daar is geen teken van dit nie. Ek het die mombasa kultivar geplant en boer teen die oranje rivier in upington. Dit was n groot verlies vir my.

  12. Kobus
    Kobus

    Is daar n webtuiste Wat ek kan gebruik vir navorsing op brazseed?
    Terugvoer sal waardeur word.

    Groete
    Kobus


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X