Dierevoeding

Boerbokboerdery in die Wes-Kaap

Vraag

Ek wil graag met boerbokke in die Wes-Kaap begin boer. Ek wil net by u weet of die bokke sal kan aanpas hier in die Kaap waar dit baie natter is as in die Noord-Kaap?

Antwoord

Boerbokke is baie aanpasbaar en ek is seker hulle behoort goed in die winterreënvalstreek aan te pas. Daar is boere wat met groot sukses met boerbokke in Darling- en Paarlomgewing boer. Daar is ook produsente wat met boerbokke op aangeplante weiding onder besproeiing op verskeie plekke boer. Jy kan met Pip Nieuwoudt (027 – 4822822 of 083 650 5593) van Clanwilliam skakel, wat met boerbokke in die winterreënvalgebied boer, om jou van die bokke se aanpasbaarheid in die Wes-Kaap te vergewis. Boerbokke moet teen die heersende siektes in die Wes-Kaap geïmmuniseer word. Skakel met Gerhard Steenkamp (082 556 9347) van Pfizer in die verband asook om inligting te verkry oor ‘n doseerprogram vir die bokke. Die byvoeding van bokke is basies dieselfde as vir skape. Die aangehegte voedingsprogram (Ekstensiewe voeding vir skape) vir skape word met groot welslae ook vir bokke gebruik.

 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
6 Junie 2011

Kommentaar

Kommentaar (3) “Boerbokboerdery in die Wes-Kaap

  1. Koos Visser
    Koos Visser

    Die maklikste manier,om jou bokke te beskerm teen bosluis en inwendige parasiete met net een arbeider,is om gebruik te maak van diatome.diere hoef nie klaar toe te kom vir dosering of opgietmiddel.gooi slegs twee persent diatome by voer,en sien hoe gesond is u dier.nou teen n baie goedkoop prys beskikbaar in die overberg skakel my by 0767195717

  2. Saul Jeneke
    Saul Jeneke

    Hi,
    Ek is in die proses om met boerbokke te begin boer.Kan u vir my n aanduiding gee van die pryse waarteen die diere verkoop word.

    Dankie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X