Dierevoeding

Boerbok en Katbos

Vraag

Ek wil graag weet of vreet 'n Boerbok katbos of nie. Ek het 'n kamp met baie katbos asook doringbome en rosyntjiebos. Ek wil weet of ek die katbos met boerbokke kan beheer.

Antwoord

Boerbokke vreet katbos, maar nie in groot hoeveelhede nie.  Hoe jonger en hoe sagter die lote hoe meer katbos sal hulle vreet.  Voordat boerbokke egter groot hoeveelhede katbos sal begin vreet, sal hulle eers die meer smaaklike plante totaal oorbewei.  Daarom is dit nie moontlik om die katbos met die bokke te beheer nie.

Ek het self nog nooit gesien dat katbos so vermeerder en verdig dat hulle ander plante begin uitdruk of so dig word dat die diere nie meer in ‘n kamp kan beweeg nie.  As dit wel die geval by u is, stel ek voor dat u die katbos chemies bestry.

Geskryf deur dr. Louis du Pisani (ldupisani@gmail.com)


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X