Dierevoeding

Beeste bewei groen mielieplante

Vraag

Kan ek beeste in my mielies in jaag om af te vreet? Mielies nog groen, maar baie min koppe. Moet ek eers wag dat die mielies doodgaan, ryp word of nie? Enige gevaar vir beeste?

Antwoord

Beweiding is die goedkoopste metode om verdroogde mielies te benut.  Mielies in die harde deegstadium kan reeds bewei word – dit is dus nie nodig om eers te wag tot die plantmateriaal ryp is nie.  Al is daar min koppe, bly dit ‘n risiko en beeste kan hulle oorvreet.  Dit is dus veiliger om Voermol Landelek (V15414), wat die nodige buffers en medikamente bevat om suurpens te voorkom, by te voer.  Beweiding van mielies deur beeste lei tot vermorsing (al is daar min koppe) en die pitte wat op die grond val, kan nie goed deur beeste opgetel word nie.  Dit is dus wenslik om skape te gebruik om lande skoon te vreet.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

18 April 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X