Dierevoeding

Ammoniumsulfaat in lekke

Vraag

Ek het nou onlangs gehoor van boere wat ammoniumsulfaat by hul lekke wil bymeng? Wat is die rede daarvoor en hoe veilig is dit?

Antwoord

Ammoniumsulfaat is ? bron van NPN ( nie-proteïen stikstof) en word gebruik om in die dier se proteïenbehoefte te voorsien. Dit bevat egter ook swawel ( ? makro mineraal) wat onsmaaklik is en soms gebruik word om inname te beheer. Swawel is ook ? anioon wat soms gebruik word om die bloed pH te verlaag sodat manlike diere (veral ramme) nie blaasstene/nierstene ontwikkel nie. Ammoniumchloried word egter meer vir hierdie doel aangewend.  Meeste lekke bevat egter reeds ureum en ander NPN bronne en deur ammoniumsulfaat sommer by te meng kan diere stikstofvergiftiging opdoen. ? Verdere risiko is as die ammoniumsulfaat kunsmisgraad is wat nie ? bron is wat geskik en geregistreer is vir dierlike gebruik nie. Bronne van ammoniumsulfaat geskik as dierevoer bevat baie laer vlakke van swaarmetale en is vry van “dioxins” wat giftig is vir diere.

Kontak gerus u veevoermaatskappy vir advies voordat enige bymiddels ingemeng word. Wanneer ons as mense medisyne neem op aandring van ons dokter voeg ons nie enige ander medikasie by na goeddunke nie…dieselfde geld vir veevoere…voere is reeds sorgvuldig gebalanseer volgens die dier se behoeftes en dis dus nie die risiko werd om onwillekeurig aan voere te verander nie aangesien die uitwerking op die dier dan nie voorspelbaar sal wees nie.

Geskryf deur: Zeno Bester, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (zeno.bester@tongaat.com)

15 September 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X