Dierevoeding

Alternatiewe vir mielies in skaapvoeding

Vraag

Met die mielieprys wat dreig om al hoe hoër te word, sal ons dit nog kan bekostig om ons skape teen die huidige vleispryse te kan voer? Wat kan ons as alternatiewe byvoeding gebruik?

Antwoord

Soos u tereg opmerk, is die huidige winsgewendheid van lamafronding onder geweldige druk.  Mielies is die beste energiebron om lammers mee af te rond, maar teen huidige pryse is die winsgrens papierdun, trouens in meeste gevalle is dit onbetalend.  Kleingrane kan mielies gedeeltelik of totaal in afrondingsrantsoene vervang, maar dit is ook nie algemeen beskikbaar nie.  Gars kan mielies totaal vervang met feitlik gelykwaardige produksieresultate.  Koring, rog en korog kan ongeveer 50 % van die mieliekomponent vervang en hawer ongeveer 20 %.  Die kleingrane moet volgens voorskrif met die regte afrondingkonsentrate vermeng word om o.a. suurpens te voorkom.  Graansorghum kan mielies totaal vervang, maar is ongeveer 80 % die waarde van mielies.  Melassemeel is ook ‘n alternatiewe energiebron, maar kan nie onbeperk gevoer word nie.  In afrondingsrantsoene kan melassemeel tot ‘n maksimum van 20 % ingesluit word.

Die ander alternatief is om lammers op aangeplante weidings af te rond.  In gebiede waar groenvoer suksesvol verbou word, bied dit goeie geleentheid om lammers sonder enige mielievoeding af te rond.  Die produksiepotensiaal, hergroei en drakrag van groenvoer kultivars verskil geweldig baie en daarom is dit noodsaaklik om die regte kultivars aan te plant.  Kontak u saadverskaffer in die verband.

Geskryf deur:  Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol (hendrikvp@mweb.co.za) www.voermol.co.za

Klik ook op hulp.landbou.com

Klik op Indeks van antwoorde

Klik op Skape of Beeste

Klik op Voeding

21 Januarie 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X