Dierevoeding

Akkerbone ingesluit in afrondingsvoer vir kalwers

Vraag

Ek het vanjaar baie akkerboontjies geplant vir veevoer. Ek wil my speenkalwers afrond met mieliereste , mielies en akkerboontjies. Wat is die verhouding waarin die voer gemeng kan word? Ek weet almal sê ek moet die akkerboontjies eerder verkoop dis nie ‘n goeie voer om kalwers mee af te rond nie. Die kalwers weeg so 240Kg.

Antwoord

Akkerboontjiehooi is ‘n goeie ruvoer en kan suksesvol as ‘n bron van ruvesel  in ‘n afrondrantsoen gebruik word.  Hierdie mengsel behoort goeie resultate te gee:

150kg    Voermol SB 100

650kg    Mieliegruis

100kg    Hooi (mieliereste of Akkerbonehooi of ‘n kombinasie van die twee)

Voer mengsel  ad lib.  Voer addisionele hooi apart  vir die eerste sowat 14 dae van aanpassing.

Geskryf deur: Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (ulrich.muller@tongaat.com)

Pr.Sci.Nat:  400044/08

Web:  www.voermol.co.za

19 Junie 2016

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X