Dierevoeding

Afronding van speenkalwers op mieliekuilvoer

Vraag

Ek was voorheen 'n melkboer met baie kuilvoer tot my beskikking. Ek het nou my melkery gestaak en gaan oorslaan vleisbeeste toe. My vraag is; 1. Kan ek gespeende kalwers inkoop (of dan u voorgestelde gewig van aankoop) en op die kuilvoer sit om groot te maak en af te rond tot slaggereed? 2. Ek weet die kuilvoer is gewoonlik hoog in energie. Sal ek dus toevoegings moet maak om die proteïne op te stoot vir die aanvanklike groeifase? 3. Hoeveel kuilvoer sal so ‘n speenkalf eet tot slaggereed in vergelyking met 'n lakterende koei?

Antwoord

Ja, u kan met groot sukses mieliekuilvoer in afrondrantsoene vir vleisbeeste gebruik – trouens groot kommersiële voerkrale gebruik mieliekuilvoer redelik algemeen.  Kalwers met speengewigte van 220-250 kg pas goed aan op kuilvoer gebaseerde rantsoene.  Die proteïen- en energie-inhoud van mieliekuilvoer moet gebalanseer en aangevul word vir optimale groei.  Riglyne vir rantsoensamestellings is as volg:

Bestanddeel

Aanvangs (kg)

Groei (kg)

Mieliekuilvoer

300

300

Mieliemeel

600

600

Hooi

150

  50

Voermol SB 100

150

150

Voermol HPK36

  75

TOTAAL

1275

1100

Voer die aanvangsrantsoen vir die eerste twee weke en skakel daarna oor na die groeirantsoen.  ‘n Speenkalf vreet ongeveer 400 kg kuilvoer tot slaggereed.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

18 April 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X