Dierevoeding

Afronding van ramme

Vraag

Watse mengsel stel u voor om ramme af te rond vir maksimum gewig? Ek het armanslusern en mielies op die plaas. Ramme is in stal en weeg so 100kg. Moet nou binne 100 dae reg wees. Moet lusern ad lib gegee of gemaal word in mengsel? Hoeveel kg per dag moet gegee word as jy 2 keer voer? Tans 5 sakke SS2OO, 1 MELASSE en 500kg mielies. Is al 3 weke aangepas.

Antwoord

Indien die ramme vir teeldoeleindes gevoer word, moet daar  teen oorvet ramme gewaak word.  ‘n Mengsel wat aanbeveel word, is as volg:

200kg   Voermol SS 200

250kg   Lusern (of Armanslusern)

550kg   Mieliegruis

1 000kg

Voer ad lib.  Indien ramme te vet word, moet mengsel beperk word en hooi apart gevoer word.

Indien die ramme gevoer word om geslag te word, pas die mengsel as volg aan:

200kg   Voermol SS 200

150kg   Lusern (of Armanslusern)

650kg   Mieliegruis

1 000kg 

Hierdie is ? volledige voer en moet ab lib. gevoer word.  Voer addisionele hooi (lusern) tydens die eerste 14 dae van aanpassing.  Die ramme is reeds swaar en behoort baie naby aan markklaar te wees.  Ek skat binne 40 dae behoort hulle vet te wees.

Die daaglikse voerinname behoort rondom 4% van liggaamsmassa te wees. 

Geskryf deur: Ulrich Muller, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (Ulrich.Muller@tongaat.com) www.voermol.co.za

8 Februarie 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X