Dierevoeding

Afronding van kalwers op aangeplante weiding

Vraag

Ek wil graag weet wat sal speenkalwers die vinnigste laat groei op goeie kwaliteit weidings? Ek koop Bonsmarakalwers op 220 kg aan en wil hulle op ± 450 kg lewendig bemark. Ek wil 'n groeitempo van ten minste 1.3 kg per dag bereik. Is dit moontlik om hulle sonder te veel mielies te voer? Is daar enige melasseprodukte wat ek kan gebruik?

Antwoord

Om ‘n groeitempo van 1.3 kg per kalf per dag en hoër te handhaaf, moet: 

  • Eerstens slegs hoë gehalte kalwers, wat oor die genetiese potensiaal beskik om die ingenome weiding doeltreffend na vleis om te sit, afgerond word. Swaarder kalwers (250 tot 280 kg) presteer beter as ligte (minder as 220 kg) kalwers. Dit moet vleisraskalwers wees. 
  • Tweedens moet dit ‘n digte stand, aktief-groeiende, blaarryke weiding van ‘n hoë gehalte wees. Weidings wat ‘n peulplantkomponent bevat, sal hoër groeitoenames as suiwer grasweidings tot gevolg hê. Dit moet goedbemeste weidings wees wat bemes word volgens die riglyne van ‘n weidingskundige of ‘n verteenwoordiger van ‘n kunsmismaatskappy. 
  • Derdens moet die diere met ‘n geslagspesifieke oorinplantaat geïnplanteer word wat spesifiek vir diere op weiding voorgeskryf word. 
  • Vierdens moet die diere ‘n geskikte aanvulling gevoer word. Op goeie gehalte, goedbemeste weidings moet 1 kg Voermol Molovite per kalf per dag gevoer word. Om die groeitempo te versnel, kan Voermol Molovite om die helfte met mieliemeel gemeng word en dan teen 2 kg per kalf per dag gevoer word. Die kalwers moet met die begin van die afronding teen die heersende siektes geïmmuniseer word en indien nodig gedoseer word net soos vir voerkrale voorgeskryf word. Indien oormatige maagwerk op baie sappige weiding voorkom, moet droë ruvoer addisioneel in die vorm van ruvoerbale of droë grasweiding, wat aangrensend tot die aangeplante weiding is, voorsien word. Met al bogenoemde faktore in plek, moet kalwers wat nie die teikengroei bereik nie, verkoop word. Aangeheg is ‘n artikel wat meer inligting gee oor winsgewende afronding van speenkalwers op weiding.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
30 April 2011

Kommentaar

Kommentaar (2) “Afronding van kalwers op aangeplante weiding

  1. Stephan Botha
    Stephan Botha

    ek sal graag die ”aangehegte artikel” wil sien soos genoem bo?

  2. janbez
    janbez

    Ons sal die dokument opspoor en aanheg.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X