Dierevoeding

Aanpassing na verskuiwing van skape

Vraag

Sou Persie- en Dorperskape aanpas in die Groot Brak-area as hulle van die Klein Karoo-area (tussen Riversdal en Ladysmith) verskuif word?

Antwoord

Skape is baie aanpasbaar en die verskuiwing van skape van die Klein Karoogebied na Groot Brak behoort nie wesenlike probleme te gee nie. Daar moet egter op ‘n paar belangrike faktore in die verband gelet word. Indien daar ‘n drastiese verskil tussen die tipe en gehalte van die weiding is, moet die diere stadig en geleidelik op die nuwe weiding aangepas word. Dit is altyd ‘n goeie bestuurspraktyk om hulle die eerste paar dae na hulle aankoms by hulle nuwe tuiste kalm en rustig te hou en goeie gehalte lusernhooi ad lib. te voer.  Na ongeveer drie tot vyf dae kan geleidelik met die aanpassing op die nuwe weiding begin word en dit is hoogs aan te beveel om die diere vir die eerste 10 tot 14 dae die lusernhooi addisioneel eenkant by te voer. Om die aanpassing te vergemaklik, kan die maagsap van ‘n pasgeslagte skaap, wat op die weiding by Groot Brak aangepas is, vir die nuwe skape gedoseer word. Hierdie maagsap moet verkieslik nie aan suurstof blootgestel word nie, want dan vrek die mikrobes daarin.

 
Laatdragtige ooie moet verkieslik nie korter as vier weke, maar eerder langer as vier weke voor lam geskuif word. Die stres as gevolg van die voedingsverandering en vervoer kan domsiekte "trigger" wat tot aborsie of swak lammers met geboorte en selfs ooivrektes aanleiding kan gee. Verder moet seker gemaak word dat die diere teen heersende siektes in Groot Brak geïmmuniseer is of hulle moet na hulle aankoms daar geënt word. Skape moet teen onder meer klostridiale siektes, Pasteurella, Bloutong, Slenkdalkoors, ensovoorts geënt word, maar skakel eers met die plaaslike veearts in die verband. Daar moet ook vasgestel word of behandeling teen interne en eksterne parasiete nodig is. Daar moet altyd seker gemaak word dat siektes en parasiete wat weerstandig teen middels is (bv. brandsiekte, rooiluise jaagsiekte, absesse) nie aanwesig is wanneer skape ingekoop word nie.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 

25 Februarie 2012

Lees ook:

Sal Karoo-skape op Ho?veld aanpas

 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X