Chemikalieë

Wat gedoen met ou gifstowwe?

Vraag

Hi my naam is Marcel en ek het onlangs op 'n plaas ingetrek. In een van die stoorkamers op die plaas is 'n klomp ou gifstowwe. Wat doen 'n mens daarmee, is daar iemand wat 'n mens kan bel om dit te kom verwyder. Dieselfde met ou diesel?

Antwoord

Daar is twee moontlikhede vir boere wat ou uitgediende plaagdoders op die plaas het:

Kontak EnviroServe by 0800147112 en kontrakteer hulle om die ou plaagdoders op te laai en te vernietig. Hulle is daarvoor gesertifiseer en geakkrediteer. AVCASA beveel hulle aan omdat hulle ‘n hoogs professionele diens lewer. Dit sal egter vir die boer se eie onkoste wees.

Die boer kan die produkte beveilig deur dit eerstens in plastieksakke toe te maak en in dromme toe te maak sodat niks kan verspil nie. AVCASA sal volgende jaar aankondigings maak oor die opruiming van sulke ou plaagdoders. As boere in die Vrystaat of die Wes-Kaap is, moet hulle dringend ‘n invertaris van sulke ou produkte saamstel en dit aan Bill Smit, AVCASA se konsultant deurgee. Daar is tans ‘n proses in wording vir die Wes-Kaap en Vrystaat wat deur die Wêreldbank befonds word en deur die Dept Omgewingsake bedryf word, maar slegs vir die genoemde twee provinsies. Kontak vir Bill Smit op 072-197-3447.

Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn, van die Griffon-gifinligtingsentrum.

4 Oktober 2010


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X