Wasmotte in byekorwe
Vraag
Hoe kan wasmotte in byekorwe voorkom word?Antwoord
Daar is geen plaagdoder geregistreer om wasmotte te beheer nie en die algemene insekdoders sal in elk geval die bye doodmaak as dit sou aangewend word.
Gewoonlik is dit ‘n geval van korwe wat gekompromiteer is, m.a.w. die korwe is nie gesond nie en hulle word aangeval. Korfhigiëne is dus van uiterste belang om bye gesond te hou en te voorkom dat peste en plae die korwe inval.
Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Direkteur Griffon Gifstof Inligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)
3 Januarie 2014
In meeste gevalle kom wasmotte voor as die aanwas in die korf nie na wense is nie as gevolg van voedingstekort (te min blomme ) of n koningin wat ouer geword het (3 tot 4 jaar plus ).
As jong man,het my pa baie korwe gehad.Om die wasmotte dood te maak,het hy Carbon Tetrachloride in klein houertjies,byvoorbeeld ou sardien blikkies,ingegooi,onder binne indie korf.Dit ruik soos vrot tamaties,en verdamp oor ‘n tydperk.Die bye was by daardie stadium in elk geval almal dood.Dit was dan net ‘n groot werk om die gemors skoon te maak,en die rame ens.te behandel met ‘n blaaslamp.