Vernietiging van ou gif
Vraag
Ek het 'n plaas gekoop en daar het 'n hoeveelheid onkruiddoder en ander giwwe (onder andere arseen)van die vorige eienaar agtergebly. Hoe kan ek daarvan ontslae raak of vernietig?Antwoord
Die beste wat enige boer nou kan doen betreffende ou plaagdoders as hy of sy in die Vrystaat of Wes-Kaap gesetel is, is om kontak met die Departement Omgewingsake se Dee Fischer by DFisher@environment.gov.za want Omgewingsake gaan wel ou landboumiddels in die twee provinsies opruim.
Indien die boer nie in een van die twee bg provinsies woonagtig is nie, dan moet hy of sy maar kontak maak met EnviroServe 0800147112 vir wegdoening van die ou plaagdoders of wag totdat AVCASA se opruiming begin. Dit sal egter eers volgende jaar gebeur.
20 Julie 2011
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans