Chemikalieë

Uitroei van dodder

Vraag

Ek het November 2011 ongeveer 60ha armmanslusern gevestig. Nou het ek dodder tussen die armmanlusern gevind wat besig is om te versprei. Is daar enige manier hoe ek dit kan beheer of uitwis?

Antwoord

Daar is geen onkruiddoder teen dodder geregistreer nie. Die beste sal wees om die kolle waar die dodder is, skoon te sny en die plantmateriaal te vernietig sodat die dodder ook vernietig kan word. Daar moet geen lusern in sulke kolle agtergelaat word nie want dit sal dan as gasheer vir dodder optree en die pes sal net verder groei.

 

Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)

 

12 Desember 2012


Kommentaar

Kommentaar (2) “Uitroei van dodder

  1. jaco conradie
    jaco conradie

    Is daar geen ander manier om dodder te bestry nie, want om n 20ha deur te loop en alle dodder kolle aftesny en te verwyder is n baie groot taak..

    Is daar ook geen chemiese maatskappy wat dalk net erns wil maak van die saak en n produk teen dodder ontwikkel nie..
    Hier by ons op augrabies is dodder stadig maar seker besig om in n verskriklikke epidemie te ontaard…

  2. Jimmy
    Jimmy

    Ons het dit vir die eerste keer in ons tuin opgemerk, daarom het ek hier by Landbou raad kom soek. Ek het simpatie met die boere wat dit moet bestry, en sal dit waardeer as iemand raad hiervoor het.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X