Chemikalieë

Soek raad met ystervark-plaag

Vraag

Goeiedag 1. Sal Racumen ystervarke doodmaak? 2. Is daar enige ander gif beskikbaar om ystervarke dood te maak? 3. Mag slagysters in SA gebruik word? 4. Enige raad om van ystervarke ontslae te raak? Baie dankie Willie Coetzer

Antwoord

Racumin is nie vir ystervarke geregistreer nie en kan daarom nie daarvoor aangewend word nie. Sinkfosfied-lokaas, soos Avi-Knaagdood, en aluminiumfosfied-tablette, soos Fostoxin, is wel geregistreer en kan by kooperasies aangekoop word.   
Slagysters mag eintlik net gebruik word as die gebruiker daarvoor ‘n permit het. Die aluminiumfosfied-tablette werk maar die beste. Dit moet in die gate ingegooi word en gate moet dan geseel word.

Geksryf deur dr. Gerhard Verdoorn


Kommentaar

Kommentaar (7) “Soek raad met ystervark-plaag

  1. Abraham
    Abraham

    Willie – van waar is jy? As jy naby my is sal ek graag van hulle wil kom vang.

    Groete

  2. svanheerden
    svanheerden

    Ystervarke is nie my probleem nie. Die hele buurt se KATTE wat my agtertuin gebruik as toilet. Ek wil nie vergiftig nie, maar GEE ASB RAAD OM BURE SE KATTE TE VERJAAG!!!!! ALLES STINK AL.

  3. John Gravenor
    John Gravenor

    Dr.Verdoorn,hier op my plaas naby Stanford,Wes Kaap,is die Cape Dune Mole Rat volop,en doen baie skade aan die weiding.Hoe moet ‘n mens maak,gif of slagysters,of hoe?

  4. Kobus
    Kobus

    Daar is ander maniere om ystervarke te beheer as gif. Ons het ‘n groot probleem met hulle in ons pampoenland, maar hou die gif opsie as heel laaste uitweg. As jou landerye omhein is, soek die gate waar hulle onder die draad deurkruip en sit daar ‘n tregter of rooikat vanghok aan die binnekant van die draad. Die tregter maak jy van ogiesdraad. Wanneer hy uit die tregter wil terug, steek sy penne deur die drade en hy sit vas. As jou landerye nie omhein is nie, soek hulle voetpaaie of selfs die gate waar hulle bly en stel die hok met butternut of pampoen as aas. Hy loop nie by een van daai twee verby nie.
    Sterkte

  5. Johan
    Johan

    Abraham, waar is jy? Jy kan almal kry wat ek vang. Laat weet my asb!

  6. Elsa
    Elsa

    Kan Abraham my asseblief kontak in verband met ystervarke. 0448735101

  7. Helena
    Helena

    Hoe gemaak as mens in die middel van Pretoria bly op ‘n plot tussen meenthuise en daar is ‘n ystervark (of dalk meer as een). Ons een hond is al vier keer beseer. Die ystervark kruip in die dag weg, maar die honde kan dit nie waag om in die nag buitetoe te gaan nie. My dogter het Saterdag oggend die honde net voor 6:00 uitgelaat. Die ystervark was nog buite iewers en die arme hond is erg beseer en het haar amper doodgebloei. Maar leer is min. Haar instink skop te sterk in. In die dag kan mens maar soek soos jy wil, maar daar is net mooi geen tekens van die ystervark nie, behalwe soms die penne. As iemand kan help, kontak my asb op white01@netactive.co.za


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X