Chemikalieë

Russiese dissel en uintjies neem oor

Vraag

Hallo Ek hoop Oom kan help. Hier is redelik manne langs die rhenoster rivier wat minder hare het van dinge wat pla. Ek weet nie of Oom die name ken nie, indien nie sal ek n foto stuur van die jaffels. Die plante albei vertoon n oorlewings lus wat ek graag in my skaap sal wil hê. Tans het ons net n manier om hul terug te hou met n gif, maar maak hul nie vrek nie. Ons kan nie so aan gaan nie want n man wen nie, jy verloor net teen die plante. Die Rus se wortel stelsel is een wat 2m diep kan groei. Graag wil ons ons lusern uitbrei en aanplant, maar enige tand of skeur implement versprei die ding verder. Ons soek kundigheid en as dit nie beskikbaar is nie dan bietjie hulp om hul uit te oor lê. Dankie Groete Dirk

Antwoord

Dissel: volgens my inligting is daar nie iets soos ‘n Russiese dissel nie en dus kan ek geen wettige aanbeveling oor die beheer daarvan maak nie. Beste sal wees as ’n foto vir identifikasie kan kry en dan kan ek ’n toepaslike aanbeveling maak. Foto kan per e-pos aan nesher@tiscali.co.za gestuur word.


Kommentaar

Kommentaar (7) “Russiese dissel en uintjies neem oor

  1. P Murray
    P Murray

    Ek is die slagoffer van die verpeste onkruid, genaamd UINTJIE. My hele tuin is vol uintjies.
    Ek het al alles probeer, maar ek kry die vervlakste plant nie uitgeroei nie.
    Uit ervaring weet ek dat ‘n mens nie die plant moet probeer uithaal nie, want dan versprei jy net sy duisende (feitlik onsigbare) klein bolletjies.
    Asyn help om die blare dood te maak (mits die son warm daarop skyn), maar dit maak niks aan die duisende bolle ondergronds nie.
    Is daar enige ander raad wat ek kan volg? Die plant gee ‘n mens grys hare.

  2. Cornie
    Cornie

    Gooi landbou kalk die grond is te suur vandaar die baie uintjies kalk sal dit regstel .Jy kan dit uithaal maak net seker jy haal die bol ook uit.

  3. Emile Marais
    Emile Marais

    Ek het gips gegooi. Calsium sulfaat. Sal dit help?

  4. Minki Maree
    Minki Maree

    Ek al met bol n al uit maar daarna staan dit soos hare op n hond se rug van di kleintjies.Duisende bolletjies onder di grond wat aan duin
    aadop in my ti wortels vas was.Ekb is raadop in my tuin.

    Groete

  5. Sarel van Coller
    Sarel van Coller

    Ek sukkel net so met uintjies. Ure tyd is al gespandeer om te probeer die uintjie “wortel en tak” uit te roei, helaas geen sukses, dit word net meer. Ek gaan Cornie se raad volg en Landboukalk in die bedding inspit en kyk wat gebeur. Moedeloos is nie die woord nie.

  6. Corrie Nel
    Corrie Nel

    Hoeveel kalk moet ek strooi? Het dit al gedoen sonder enige sukses.

  7. L.Hindle
    L.Hindle

    Ek is ook moeg vir die uintjies.Het ook al kalk en roundup gebruik maar niks help nie,ook
    n paar keer die groentetuin met die rotovater gekap nog geen sukses nie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X