Chemikalieë

Probleme met bobbejane

Vraag

Ek loop tans deur onder 'n ongekende plaag van Bobbejane. Die diere vreet letterlik my winterproteinlek mengsel op wat elke tweede dag uitgesit word. Dit wat nie geeet word nie word uit die lekbakke geskep en op die grond gegooi. Alle menslike metodes, uitgesluit die vang van bobbejane, is al oorweeg en probeer maar sonder sukses. My grond grens aan 'n reservaat wat die probleem vererger. My lek word in losformaat gevoer en ek verkies dit so omdat dit meer gereeld en in die regte hoeveelhede gegee kan word. Is daar dalk iemand of uself wat enige raad het met onhanteerbare bobbejane anders as om hulle van kant te probeer maak (Lg. soos om te poog om die see met 'n koppie leeg te skep)

Antwoord

Om die bobbejaankwessie suksesvol aan te spreek is, soos wat die persoon wat die vraag gerig het, tereg gesê het: Dis soos om die oseaan met ‘n koppie leeg te skep. Ek bied egter idees aan want dis al wat ek kan doen.

Die probleemsituasie is dat die bobbejane die kos ontdek het en dit nou as maklike voedselbron sien. Hulle sal elke dag soontoe kom totdat die voedselbron nie meer beskikbaar is nie en dit beteken dat die boer sal moet ophou voer aan die skape verskaf. Dis bloot nie werkbaar nie. Bobbejane is gelukkig baie intelligente diere en is al bewys om logies te kan redeneer.

Dus stel ek voor dat mens ‘n paar dinge gelyktydig probeer en hoop vir die beste. Wanneer die kos vir die skape uitgegooi word is dit wenslik dat daar iemand agterbly sodat ‘n mensteenwoordigheid die bobbejane sal weghou. Die klap van ‘n sweep of selfs die afvuur van ‘n vuurwapen in hulle rigting kan bydra tot die ontmoediging van kees en kie. Dit hoef nie die hele dag te wees nie maar slegs vir die eerste uur of so nadat die kos uitgegooi is.

Om die klomp met ‘n kettie en klippe te ontmoedig is ook die moeite werd want niemand, selfs kees en kie, hou van ‘n warm klip op die lyf nie. Terwyl dit gedoen word is dit die moeite werd om vir die kese ander kos weg van die area waar die skaap gevoer word, aan te bied. Daar is seker afvalkos of uitskotgraan wat gebruik kan word. Plaas dit op ‘n plek waar die bobbejane dit maklik kan raaksien. Hulle behoort die plek dan gereeld te besoek en as daar genoeg kos aangebied word, sal die klomp hopenlik die boer se skape in vrede laat.

Ek wil darem net my dank betuig teenoor die skrywer wat die situasie met ‘n oop gemoed en simpatie met die kese hanteer. Dit is bemoedigend om te sien dat die landbouers die natuur se ernstig opneem.

* Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA en die Griffon Gifinligtingsentrum.

7 Desember 2010


Kommentaar

Kommentaar (3) “Probleme met bobbejane

  1. trusia jonker
    trusia jonker

    ek het ook n soortgelyke problem, die bobbejane klim op ons grasdak omdat dit naby n vyeboom is, en trek baie gras uit. hoe kry ek dit reg dat hulle daarmee gaan ophou?

    dankie
    trusia jonker
    0825637437

  2. Bryan Blomerus
    Bryan Blomerus

    Werk rubber slange in my groente tuin

    • Jan Bezuidenhout

      Bryan, Probeer dit!
      Sterkte


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X