Chemikalieë
Vra 'n vraag
Dr. GERHARD VERDOORN
Dr. Gerhard Verdoorn is die direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum en ’n konsultant vir die landbou-chemiese bedryf. Hy gee raad oor verantwoordelike plaagbestryding en die vergiftiging van mense en natuur.
-
Bestryding van riete
Ek het 'n kanaal wat toegegroei is onder riete. Hierdie kanaal loop egter in 'n dam in waar daar vislewe, paddas ensomeer is. Ek moet die kanaal skoon kry sodat die watervloei kan verbeter na die dam toe. Watter onkruiddoder kan ek gebruik om die riete te bestry sonder om die omgewing skade aan te rig. Jaco -
Vernietiging van ou gif
Ek het 'n plaas gekoop en daar het 'n hoeveelheid onkruiddoder en ander giwwe (onder andere arseen)van die vorige eienaar agtergebly. Hoe kan ek daarvan ontslae raak of vernietig? -
Probleme met bobbejane
Ek loop tans deur onder 'n ongekende plaag van Bobbejane. Die diere vreet letterlik my winterproteinlek mengsel op wat elke tweede dag uitgesit word. Dit wat nie geeet word nie word uit die lekbakke geskep en op die grond gegooi. Alle menslike metodes, uitgesluit die vang van bobbejane, is al oorweeg en probeer maar sonder sukses. My grond grens aan 'n reservaat wat die probleem vererger. My lek word in losformaat gevoer en ek verkies dit so omdat dit meer… -
Ophou vleis eet? Nooit!!
Daar word deesdae beweer mense moet op Maandae nie meer vleis eet nie om sodoende aardverwarming teen te werk. Wat is u reaksie hierop? -
Probleme met waaierstert-meerkatte
Hoe kan 'n mens waaierstert meerkat kolonies onder beheer kry, sonder om die natuur te beskadig of van balans af te gooi? -
Wat gedoen met ou gifstowwe?
Hi my naam is Marcel en ek het onlangs op 'n plaas ingetrek. In een van die stoorkamers op die plaas is 'n klomp ou gifstowwe. Wat doen 'n mens daarmee, is daar iemand wat 'n mens kan bel om dit te kom verwyder. Dieselfde met ou diesel?