Chemikalieë
Vra 'n vraag
Dr. GERHARD VERDOORN
Dr. Gerhard Verdoorn is die direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum en ’n konsultant vir die landbou-chemiese bedryf. Hy gee raad oor verantwoordelike plaagbestryding en die vergiftiging van mense en natuur.
-
Benatters vs kleefmiddels
Wat sal die beste wees om 'n piretroïedmiddel op 'n makadamia neutboom beter te laat hou: 'n benatter of 'n kleefmiddel? Ter aansluiting hiermee- het u 'n idee hoe lank 'n piretroïed op 'n oppervlakte moet wees alvorens werking na wense plaasvind? M.a.w., kan mens redeneer dat 'n kleefmiddel, wat langer sal hou in bv. reënkondisies, ‘n beter werking van die insekdoder sal beteken omdat die middel langer op die oppervlakte bly? -
Ipridioon vir aalwurmbeheer op aartappels
Het Arysta 'n nuwe produk vir aalwurmbeheer? -
Beheer van termiete
Hi Faffa,Ek soek raad vir termiete buite voor hulle die huis betrek asook wat om te maak as daar termiete op die gras is?Wat kan ons gebruik?Asb.,dis dringend!Groete,Lynette -
Beheer van Prosopis (Suidwesdoring)
Hoe kan ek Prosopis (Suidwesdoring) uitroei /beheer in die Strydenburg omgewing. Twee van my kampe is dig bebos en ek moet besluit of ek die bosse meganies of chemies moet uitroei. -
Beheer van katbos
Ek woon in die Wolmaranstad-omgewing Ek het `n katbosstruikplaag op die plaas. Ek wil asseblief raad hê hoe ek die plante kan dood maak sonder om die gras en ander bome dood te maak. -
Beheer van ronde miershope
Ronde miershope word ‘n al hoe groter probleem in ons area. Hoe kan ek hierdie probleem oorkom? -
Springhaasrotte in graanlande
Springhaas rotte raak n plaag in graan lande in vrystaat en Bothaville distrik. Watter veilige effektiewe chemikalie kan gebruik word sonder om hulle natuurlike vyande te benadeel. -
Russiese dissel en uintjies neem oor
Hallo Ek hoop Oom kan help. Hier is redelik manne langs die rhenoster rivier wat minder hare het van dinge wat pla. Ek weet nie of Oom die name ken nie, indien nie sal ek n foto stuur van die jaffels. Die plante albei vertoon n oorlewings lus wat ek graag in my skaap sal wil hê. Tans het ons net n manier om hul terug te hou met n gif, maar maak hul nie vrek nie. Ons kan nie… -
Ammoniak in skaapkraal
My skape het baie loopneus in die oggende maar in die middae is hulle neuse droog. Ek vermoed deurdat ek nie goeie ventilasie in die kraal het nie dat ammoniak dalk hulle neuse brand. Is daar iets wat ek die skaapkraal kan bespuit teen ammoniak? -
Roundup op mielies en wat nog?
Watter chemikaleë kan 'n mens vir opkoms onderdrukking spuit saam met Roundup op mielies, aangesien Atrazien en Roundup met mekaar reageer?