Chemikalieë

Vra 'n vraag

Dr. GERHARD VERDOORN

Dr. Gerhard Verdoorn is die direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum en ’n konsultant vir die landbou-chemiese bedryf. Hy gee raad oor verantwoordelike plaagbestryding en die vergiftiging van mense en natuur.

  • Giftigheid van Gramoxone vir diere

    Ek wil my skape binne die volgende maand op soja oesreste loop wat met Gramoxone onkruiddoder gespuit is 2 maande gelede. Iemand het vir my gesê dat dit toksies is vir diere en wil net hoor of dit wel so is!
    • Inligting oor onkruidbeheer, pes en siektebeheer by gewasse

      Ek boer met groente (wortels, beet, kool,spinasie, ens...) op 7 hektaar grond. Ek sit met ‘n geweldige onkruidprobleem wat verliese i.t.v opbrengste inhou. Ek spuit onkruiddoder slegs by plant. My vraag is, is dit beter om te spuit voor planttyd of wanneer jy plant of albei en watter onkruidoder sal geskik wees vir een en meerjarige onkruid?
      • Gebruik van Temik vir ongedierte beheer

        Ek wil graag verneem van u, hoe gemaak as jy weet jou buurman gooi gif (Temic) uit vir jakkalse, maar jy kan dit nie swart op wit bewys nie. Wie kan ek kontak? Ek bly in die Wes-Kaap?
        • Schoemanskloofvlooie of oorkruipers

          Ek het 'n plaag van "goggas" wat ek van kindsbeen af ken as "Schoemanskloofvlooie of oorkruipers". Vanjaar is daar letterlik derduisende in en om my huis op die plaas. Ons sien hulle veral saans as die ligte aan is. Dit is 'n smal, langwerpige gogga, ongeveer 10-15mm lank, rooibruin voorlyf, swart agterlyf met 2 knypers as 'n "stert". Waar bly die goed, waarvan leef hulle en hoe raak ek van hulle ontslae?
          • Sporekill

            Ken u die produk "Spore Kill"? Dis iets wat mens gebruik op mout en koring?
            • Beheer van kommandowurms

              Hoe kan ek die kommandowurmplaag beheer?
              • Onkruiddoder vir preie

                Is daar ‘n onkruiddoder wat ek vir leeks/preie kan gebruik?
                • Hoe om molle te verdryf

                  Hoe kan mens ontslae raak van kruipmolle in jou tuin?
                  • Uitroei van gras langs en onder elektriese wildsheining

                    Ek wil graag weet watter produk is mens / dier en omgewingsvriendelik vir die uitroei van grasse teenaan wildsheining. Ek het op die internet gelees van asyn. Werk dit? Ander produkte wat genoem is, is Roundup en Springbok. Wil nie graag bome beïnvloed nie en kan ook nie diere weghou van die area wat ek wil bespuit nie.
                    • Wurms op groente

                      Ek is desperaat. Hier is duisende klein, groen wurmpies op die plaas en hulle verorber die groentetuin, bome ens.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X