Chemikalieë

Onkruidbeheer op lusern- en mielielande

Vraag

Ek is opsoek na onkruiddoders wat nie lusern of mielies sal dood maak nie. Ek het baie oliebome en baie grassoorte, kakiebos en alle soorte onkruid. Gee asb. raad. Ek het ‘n baie swak mielie-oes gehad as gevolg van al die onkruid. Ek het nou 9 hektaar onder lusern gesit en die onkruid groei vinniger as die lusern.

Antwoord

Onkruidbeheer is ‘n spesialis onderwerp in landbou.  Die doeltreffende bestuur van onkruid begin voor die plantdatum en gewaskeuse het baie met die onkruidbeheer te doen.

Boere kan nie genoeg van alles in landbou weet nie – daarom  gebruik ons verskeie spesialis adviseurs in ons boerdery –

  • Finansiële adviseurs en boekhouers
  • Veeartse
  • Elektrisiën
  • Grondkundige
  • Voedingskundige
  • Chemikalieë kenner
  • Besproeiingsingenieur

Onkruide kom in twee groot families voor – die grasfamilie wat alle parallelnerwige gewasse soos mielies, kleingrane, sorghums insluit… en om grasfamilie onkruide tussen dieselfde familie gewasse dood te spuit, is nie maklik nie.

Die ander hooffamilie is breëblaar onkruide wat redelik maklik binne die grasfamilie gewasse doodgespuit kan word – oliebome binne mielies is byvoorbeeld baie maklik om dood te spuit.  Maar dis nie so maklik om breëblaaronkruide binne breëblaar gewasse soos lusern, soyas en klawers dood te spuit nie.

Die nuwe tegnologie saadmielies en Soyas wat RoundUp Ready is – kan vooraf gekies word en dan volgens voorgeskrewe prosedure geplant en gespuit word.

Lusern het ook ‘n gifstof met die naam CySure wat alles behalwe die lusern doodmaak, mits dit op die regte tyd en volgens voorskrifte gespuit word.

 

Oor die algemeen vrek onkruide makliker as hulle gespuit word terwyl hulle nog jonk is.  Dit raak al moeiliker om sterk groeiende onkruid dood te spuit.

 

Ek sou sterk aanbeveel dat u ‘n kundige inroep om die plaas te besoek en dan ‘n strategie uitwerk om met ‘n program die onkruid te beheer.  Dit is nie net vir spuit en die probleem verdwyn nie.

 

Groetnis uit die melkstal,

Geskryf deur: Gerdie Landman, Mooimelk Koeihotel (gerdie@koeihotel.co.za)

15 November 2012

Vraag: Water onkruiddoders kan ek op twee tot drie weke oue lusern gebruik om ontslae te raak van plate van breëblaar onkruide en morogbossie wat my lusern verdring en  wat nie die lusern sal beskadig nie, help asb!

Antwoord: Die breëblaaronkruide in lusern kan met verskeie onkruiddoders beheer word. Bromoksiniel is die aktiewe bestanddeel wat algemeen geregistreer is vir na-opkoms beheer van breëblaaronkruide in lusern en dit sal die lusern nie nadelig beïnvloed as dit volgens die etikette aangewend word nie.

In al die produkte se etikette word dit aangedui dat die lusern eers gesny moet word alvorens die onkruiddoders aangewend moet word.

Onkruiddoders wat sodanig vir lusern geregistreer is, sluit die volgende in: Brominex EC (L3852 van Plaaskem), Bromotril (L4657 van Makhteshim-Agan), Bromoxynil EC (L4466 van Universal Crop Protection), Bromoxynil 225 (L6212 van Arysta LifeScience) en Voloxynil B225 (L7302 van Arysta LifeScience) teen 2 to 3 liter per hektaar na die lusern gesny is en as die onkruide in die sesblaarstdium is.

Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)

 

27 November 2012


Kommentaar

Kommentaar (3) “Onkruidbeheer op lusern- en mielielande

  1. Ben Oosthuizen
    Ben Oosthuizen

    Ek dink dit is baie goed, nou kan mens maklik baie goeie inlugting bekom.

    Dankie hou so vol.

  2. christelle page
    christelle page

    kan ek Hormoban op breeblaar onkruid in my lusern land wat in my tuin is gebruik?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X