Chemikalieë

Kewers dood bome

Vraag

Ek is woonagtig in Suidwes Gauteng. Ek het ‘n soetdoring geplant omdat dit inheems is en in die area hoort. Die boom is nou twee jaar oud, maar het onlangs baie gom begin maak. By nadere ondersoek blyk dit dat die takke tekens begin wys van swaarkry en nou lyk dit of dit dood is. Dit lyk of 'n klein boorkewer aan't werk is. Kan ek iets spuit om die die boom te red of is dit simbioties?

Antwoord

Die boorkewers is besig om hulle aktiwiteite uit te brei en val deesdae sierbome soos die soetdorings en vyebome aan. Daar bestaan ongelukkig geen plaagdoders wat teen die boorkewers geregistreer is nie en dus kan ek nie iets aanbeveel om hulle hok te slaan nie. Al wat mens kan doen, is om die takke wat reeds besmet is, af te sny en te verbrand sodat kewers en larwes gedood kan word.

 

Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)

 

27 November 2012


Kommentaar

Een kommentaar op “Kewers dood bome

  1. Stefan
    Stefan

    Ek boer in die Noord-Kaap. Kan daardie kewers nie die swarthaakbosse hier kom vreet nie? Die bos verdig baie en Molopo-gif is duur maar darem effektief.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X