Chemikalieë

Is onkruiddoder risiko vir honde?

Vraag

Ons het baie steekgras en onkruid om ons plaas huis en die lok slange. Ek wil nou die onkruid dood spuit met onkruiddoder maar is bang dit is giftig vir diere. Ons teel met skaaphonde en ons het wild wat elke aand om ons huis kom wei. Is daar 'n sekere middel was mens kan gebruik wat nie diere kan nadelig beinvloed nie?

Antwoord

As die mense glifosaat spuit (ek kan nie handelsname hier aanhaal nie, want daar is te veel) is die potensiaal vir skade aan enige diere net ’n mooi nul. Dis ‘n breë spekrum kontak-sistemiese produk wat meeste grasse en onkruide sal uitwis sonder enige skade aan diere.

* Geskryf deur prof. Gerhard Verdoorn van die Griffon Gif-inligtingsentrum nesher@tiscali.co.za


Kommentaar

Een kommentaar op “Is onkruiddoder risiko vir honde?

  1. Ursula
    Ursula

    Ek wil net seker maak ons wil glifosaat (roundup) spuit binne ons erf waar duikertjies wel inkom en kom gras en self ook die bossies eet wat gespuit gaan word kan hulle die bossies wat gespuit is eet en nie vergiftig word nie? Dan sukkel ons met Pom Pom onkruid en ons wil Brush-Off spuit met die aktiewe bestandeel Metsulfuronmetiel maar ons boer met skape maar daar is wel ook wild wat wei op die area wat ons wil spuit. Is dit veilig vir die diere om die behandelde onkruide te eet?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X