Chemikalieë

Gevaar van tuin-insekdoders en honde-dipmiddels vir miskruiers

Vraag

Goeie dag Professor Verdoorn Ons is twee graad 4 leerlinge van Louis Leipoldt Laerskool wat aan die wetenskap ekspo deelneem. Ons wil graag vir u die volgende vrae vra asseblief: Wat is die effek van tuinplant insekdoders op die miskruiers? Kan die dip, opgiet en ontwurmingmiddels wat ons die honde mee behandel die miskruiers doodmaak. Is die miskruiergetalle in voorstedelik tuine bedreigd en indien so wat kan ons doen om dit reg te stel? Is die miskruiergetalle na u mening op in die natuur bedreigd as gevolg van oneerdeelkundige gebruik van gifstowwe? Baie dankie, Leandrie en Emma

Antwoord

Ek het al verlede ‘n e-pos navraag van die twee jong dames ontvang maar ek was net te besig met ander dinge soos al die artikels wat ek moes aflewer en opleiding om te antwoord. Hier is my antwoorde:

Miskruiers is, net soos ander kewers vatbaar vir tuinplaagdoders, veral as dit oormatig op grasperke aangewend word.  van die jonger generasie ontwurmingsmiddels wat avermektiene soos ivermektien en abamektien bevat, is beslis skadelik vir miskruiwers. Die opgietmiddels en dipmiddels vir honde is meestal ook skadelik vir miskruiers omdat dit imidaclopried en fiproniel bevat wat wel giftig vir miskruiers is.

Wat julle welk in ag moet neem is dat miskruiers op hierdie stadium uiters skaars in voorstedelike tuine is. Die wat wel daar voorkom is eintlik maar ouens wat verdwaal en nie juis hul gewone kos gaan  vind nie. daar is wel bepaalde spesies wat hondemis sal vreet maar hulle is werklik uiters skaars in tuine.

Miskruiergetalle is wel onder bedreiging as gevolg van die algemene gebruik van plaagdoders by vee en deesdae ook wild. Dipstowwe wat peritroiede bevat is beslis nadelig vir miskruiers as dit verkeerd aangewend word, maar as diere met opgietmiddels behandel word behoort peritroiede nie die diere se mis te kontamineer nie en dus sal dit nie die miskruiers benadeel nie. dis wel so dat ivermektien die miskruiers ernstig knou en sommige boere is nie juis lus om beeste en skape daarmee te behandel nie omdat dit hul miskruiers benadeel.

Ek glo egter persoonlik dat mens steeds diere chemies kan behandel en as jy slim tewerk gaan daar geen impak op die msikruiers sal wees nie. hulle is so kosbaar en oulik dat mens moet seker maak dat hulle nie benadeel word nie.

Beste wense,
Gerhard Verdoorn


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X