Chemikalieë

Gaatjies op spinasieblare

Vraag

Ek plant spinasie op klein skaal, so 5000 plantjies op 'n slag en het 'n probleem met gaaitjies in die blare. Ek spuit nou makhro cyper op die blare elke twee weke maar daar is nog steeds gaaitjies en het al ook klein slakkies op die blare gekry. Hulp sal waardeer word. Ek bly in die Oos-Vrystaat.

Antwoord

Die klein gaatjies op die spinasieblare is waarskynlik as gevolg van die larwes van die Afrika-bolwurm. Die plaag kan beheer word met middels wat spinosad bevat (Tracer 480 EC van Dow AgroSciences L6557, Entrust Naturalyte 800 WP van Dow AgroSciences L7389 en Eco Insect Control van Efekto L7232, Wet No. 36 van 1947) of metoksifenosied bevat (Runner 240 SC van Dow AgroSciences L7779, Wet No. 36 van 1947). Indien spinosad-bevattende middels gebruik word is die onttrekkngsperiode 7 dae ná laaste aanwending voor oes en vir die metoksifenosied is dit 14 dae.

Vir die slakkies is dit wenslik om lokaashouers met slaklokaas te vul en buite om die plek waar die spinasie staan, te plaas. Enige van die middels wat op die rake verkoop word is effektief. Slaklokaashouers kan van plastiek roomysbakke gemaak word: sny 30 mm gate aan alke kan van die houer, plaas die lokaas daarin en plaas die deksels op. Die lokaashouers moet elke dag skoongemaak word en met vars lokaas gevul word. Moet nie die lokaas tussen die spinasie gooi nie.

* Geskryf deur dr. Gerhard H Verdoorn, direkteur: Griffon Gifinligtingsentrum


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X