Bestryding van riete
Vraag
Ek het 'n kanaal wat toegegroei is onder riete. Hierdie kanaal loop egter in 'n dam in waar daar vislewe, paddas ensomeer is. Ek moet die kanaal skoon kry sodat die watervloei kan verbeter na die dam toe. Watter onkruiddoder kan ek gebruik om die riete te bestry sonder om die omgewing skade aan te rig. JacoAntwoord
Riete word normaalweg met glifosaattipe onkruiddoders behandel en daar is verskeie wat wel daarvoor geregistreer is en wel sodanig aangewend mag word. Glyphosate 360 (bevat glifosaat isoprpopielamiensout 360 gram per liter, registrasienommer L4756) sal die riete onder beheer bring.
Die riete moet aktief groeiend wees en best tyd vir aanwending van die onkruiddoder is begin van die somer. Volg die etiket vir die korrekte dosering en gebruiksaanwysings. Hierdie formulasie van glifosaat sal nie skade aan akwatiese organisems aanrig as die produk volgens etiketvoorskrifte aangewend word nie.
Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon Gifinligtingsentrum.
2 Februarie 2012
Waar kan ek rietdoder koop, ek woon in Kempton Park
Groete Fanie 0832723677
Ek will ook graag die naam van die rietdoder weet as.
Dankie
Anne-Marie, Soos dr. Gerhard skryf, die naam is:
Glyphosate 360 (bevat glifosaat isoprpopielamiensout 360 gram per liter, registrasienommer L4756) sal die riete onder beheer bring.
Kontak Leeubrug:
http://www.lionbridge.co.za/Contact-Us
Baie dankie vir die inligting,ons sal so maak,
Ek woon in Witbank [eMalehleni] en het dringend RIETE nodig. Wie kan help asb?
groete Isabel
Ek sal graag eerder grasgarps wil koop, maar is baie skaars in Gueteng??
Groetnis
JAco