Chemikalieë

Bestryding van garingbome

Vraag

Ek soek na 'n middel om garingbome chemies te bestry. Die plante is jare gelede aangeplant vir heinings en dit is ook in droogte tye aangewend vir voer van beeste. My kleinhoewe is gelee in die Klein Karoo. Piet Gelderblom

Antwoord

Die sisalplante Agave sisalana is ontsettend taai teen onkruiddoders en al wat wel geregistreer is en wat die goed kan doodmaak is MSMA 720 SL (registrasienommer L7279), bevat MSMA, geregistreer deur Volcano AgroScience en versprei deur ArystaLifeScience.

Ek moet egter die produsent ERNSTIG waarsku oor MSMA se gebruik omdat dit baie gitfig vir wild en vee is. As die etiketvoorskrifte streng nagekom word, is daar geen kans vir skade nie. Dit bepaal dat elke sisalplant met 2 ml van die konsentraat behandel moet word. Spuit dit met ‘n skaapdoseerspuit in die kegel van plant in (daar waar die blare uitkom). Sodra die plante dood is moet dit uitgegrawe word, in ‘n diep gat van ‘n meter diep geplaas word en dan verbrand word. Bly ver weg van enige boorgate. Gooi die gat toe nadat alles uitgebrand het.

MSMA moet onder geen omstandighede as blaarbespuiting op die sisalplante toegedien word nie want dit gaan nie effektief wees nie en die omgewing besoedel. Die area waar die plante staan moet verkieslik uitgekamp word sodat vee en wild nie daartoe toegang het nie.

* Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X