Bestryding van disseldoring
Vraag
Wat is die beste manier om disseldoring (Berkheya rigida) te bestry?Antwoord
Daar is geen onkruiddoders teen disseldoring geregistreer nie en dus is meganiese verwydering die enigste teenfoeter.
Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)
3 Januarie 2013
Is dit ‘n regop groeiende eenjarige dissel met geel blomme? Ek gebruik triclopyr(Garlon/Lumberjack/Viroaxe) vir kolbehandeling(30% oplossing met ‘n klein kwassie) wat jy verniet by bosbou kry. Een druppel is oorgenoeg Moenie triclopyr op die grond laat kom nie-dit gaan jou volgende oes belemmer. Glisofaat maak hom ook dood.