Chemikalieë

Berging van ou gifstofhouers

Vraag

Ek het onlangs op 'n plaas ingetrek. In een van die stoorkamers op die plaas is 'n klomp ou gifstowwe. Wat doen 'n mens daarmee, is daar iemand wat 'n mens kan bel om dit te kom verwyder?

Antwoord

Die boer kan die produkte beveilig deur dit eerstens in plastieksakke toe te maak en in dromme toe te maak sodat niks kan verspil nie.

Die departement Omgewingsake het die projek om die Wes-Kaap en Vrystaat se uitgediende    plaagdoders te versamel en te vernietig, vernietig met hulle onprofessionele optrede.

 

Daar is dus geen projek om ou plaagdoders in te samel en vernietig nie. Die enigste oplossing is om die produkte teen koste te laat verwyder en vernietig deur EnviroServ  (0800 147 11). Drie keer gespoelde plastiek plaagdoderhouers kan herwin word deur plastiekverwerkers; sien die lys op www.avcasa.co.za.

Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn, van die Griffon-gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)

5 Mei 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X