Chemikalieë

Benatters vs kleefmiddels

Vraag

Wat sal die beste wees om 'n piretroïedmiddel op 'n makadamia neutboom beter te laat hou: 'n benatter of 'n kleefmiddel? Ter aansluiting hiermee- het u 'n idee hoe lank 'n piretroïed op 'n oppervlakte moet wees alvorens werking na wense plaasvind? M.a.w., kan mens redeneer dat 'n kleefmiddel, wat langer sal hou in bv. reënkondisies, ‘n beter werking van die insekdoder sal beteken omdat die middel langer op die oppervlakte bly?

Antwoord

Die verskil tussen ‘n benatter en ‘n kleefmiddel is dat die benatter die aktiewe bestanddeel van ‘n middel gelykmatig oor die opervlakte versprei terwyl ‘n kleefmiddel die aktiewe bestanddeel aan die oppervlakte laat kleef en dus ook reënbestand maak. Mens sal deesdae sien dat baie van die jonger generasie landboumiddels reeds na twee ure reënvas is en dit beteken daar is ‘n kleefmiddel in wat die aktiewe bestanddeel se aktiwiteit gaan verleng bloot omdat dit nie afgewas word nie.

Tegnies gesproke is iets soos ‘n piretroïedinsekdoder aktief teen die insekte die oomblik wat dit op die plantoppervlakte aangewend word. Terwyl die opervlakte nog nat is, is meeste insekdoders waarskynlik meer opneembaar as wanneer dit uitgedroog het, maar na uitdroging sal die piretroïede ook hulle aktiwiteit behou totdat die molekules deur lig en oksidasie vernietig is. Die byvoegings van ‘n benatter sal die produk na wense oor die oppervlakte versprei en die byvoeging van ‘n kleefmiddel sal die produk se aktiewe lewensduur verleng.

Lees altyd die etikette van die plaagdoders en wend slegs aan soos wat die etikette aanbeveel. As daar aanduidings is vir die gebruik van benatters en kleefmiddels, gebruik dan daardie wat wel op die etikette aangedui is.

Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)

 

19 Oktober 2012


Kommentaar

Een kommentaar op “Benatters vs kleefmiddels

  1. Ian Blignaut
    Ian Blignaut

    Baie goeie algemene middel om saam water te gooi vir die aktiewe werking van jou chemie< is Bladbuff 12.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X