Chemikalieë

Beheer van termiete

Vraag

Hi Faffa,Ek soek raad vir termiete buite voor hulle die huis betrek asook wat om te maak as daar termiete op die gras is?Wat kan ons gebruik?Asb.,dis dringend!Groete,Lynette

Antwoord

Grasdraertermiete is moeilike kalante om effektief te beheer, veral omdat die normale kontakinsekdoders slegs diegene wat deur die middel self geraak word, in die stof laat  byt. Die beste aanslag is lokase wat met sub-akute aktiewe bestanddele geïmpregneer is. Onthou net dat die grasdraertermiete nie huise aanval nie, dit is die houtvretertermiete wat huise bedreig. Grasdraertermiete word ten beste met Efekto se Zero Grasdraertermietlokaas (bevat fiproniel, registrasienommer is L6073) of BASF se Termidor Grasdraertermietlokaas (bevat fiproniel, registrasienommer is L7006) of Regent Grasdraertermietlokaas (bevat fiproniel, registrasienommer is L6064) te behandel. Welke produk jy aankoop sal afhang of dit gewone tuintoepassing of veldtoepassing is. Lees die etiket en aanwysings van elke produk om jou keuse te lei. Strooi een eetlepel van die lokaas om die aktiewe gate waar die termiete bedags werk en verkieslik so teen tienuur in die oggend. Hulle dra die lokaas neste toe en die hele kolonie, insluitende die koningin, word aangetas en vrek uit.

Die houtvretertermiete is selde of ooit sigbaar omdat hulle ondergronds werk en wanneer hulle eers sigbaar in ‘n huis of ander gebou raak, is dit ‘n groot krisis.  Daar is nie lokaas vir hulle beskibaar nie en dit verg ongelukkig ‘n professionele plaagbeheeroperateur om hulle effektief voorkomend en remediërend te beheer. Daar moet ‘n sloot van 15 cm wyd en 15 cm diep reg langs die fondasie reg om die huis gegrawe word. Die plaagdoders word dan volgens voorskrif gemeng en die sloot word daarmee deurdrenk. Dit skep ‘n buffer waardeur die termiete nie sal kan beweeg nie. Indien hulle wel al ‘n huis of ander gebou getakel het, moet daar vasgestel word waar hulle werksaam is. Gate word dan in die mure en vloere geboor, waarna die plaagdodermengsel teen hoë druk toegedien word. Beide die buffertoediening en die hoëdruktoediening gee benewens die onmiddellike doodmaakeffek ook beskerming vir vyf jaar teen verdere termietinvalle. Die produkte wat uitstekende resultate lewer is BASF se Termidor 25 EC (bevat fiproniel, registrasienommer is L6616 ) en Bayer CropScience se Premise 200 SC en 350 SC (bevat imidaclopried, registrasienommer is L7451 en L6105). Daar is ook ander produkte soos Ensystex SA se Prothor (bevat imidaklopried, registrasienommer is L8794), Maxxthor (bevat bifentrien, registrasienommer is L8793) en die Exterra Termietterminaal (bevat chloorfluasuron in die Requiem Termielokaas, registrasienommer is L8796 en natuurlike voedsel in die Focus Termietlokmiddel, registrasienommer is L8795). Die produkte van Ensystex SA is slegs vir gebruik deur professionele plaagbeheeroperateurs en dus kan die kliënt dit nie self aankoop nie, maar  die plaagbeheeroperateur versoek om die reeks produkte te gebruik.

Let op dat die volgende insekdoders glad nie meer vir termietbeheer gebruik mag word nie: enige insekdoders wat chloordaan en lindaan bevat (gamma-BHC) is verbode vir gebruik terwyl chloorpirifos glad nie meer in huise, ander geboue en tuine gebruik mag word nie.

Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)

15 Oktober 2012


Kommentaar

Kommentaar (13) “Beheer van termiete

  1. Flip Ras
    Flip Ras

    Ons het ‘n vreeslike plaag van termiete, binne en buite die huis. Ons het al twee keer Pest Control gekry maar dit word net erger. Ons huis het nog grond mure en in sommige vertrekke hout vloere. Een oomlik is daar niks en die volgende oomblik peul die rond by ons kaste uit. Kan jul raad gee?

  2. John Coetzee
    John Coetzee

    Ons het ‘n vreeslike plaag van termiete, buite die huis. Hulle vreet my gras op soos ??? Ons het al twee keer Pest Control gekry maar dit word net erger. Die hele gebied “Randparrif” het die vriende. Ek het nou die tweede keer nuwe gras gele sodat hulle dit ook kan vreet. Kan jul raad gee?

  3. Andries Lottering
    Andries Lottering

    eerstens aan Flip Ras Maak seker die plaagbeheer operateurs wat jy gebruik is geregistreer dan moet hulle aan jou ‘n 5 jaar waarborg verskaf. In jou geval omdat die termiete reeds in jou huis is, is dit belangrik dat jy die na-konstruksie behandeling toepas soos deur dr. Gerhard Verdoorn beskryf waar ‘n gerigestreerde middel onder druk onder jou huisvondasie gepomp word. Terminex 350SC (bevat imidaklopried, registrasienommer L9040 ) is vrylik beskikbaar by kooperasies en bevat ‘n gedieteleerde handlyding vir maklike toediening.

    Johan Coetzee, ja die grasdraers of rysmiere soos meeste mense hulle ken kan ‘n groot lastigheid wees wat baie skade aan jou grasperk kan aanrig. Die groot probleem is dat ons hulle nie betyds opmerk nie en dan is die skade reeds gedoen. Let gerus op tydens die sommer maande is hulle aktief in die nag en in die winter gedurende die dag. Wanneer die rysmiere opgemerk word kan hulle maklik met behulp van ‘n gerigistreerde lokaas middel beheer word. Termite Stop ( bevat natrium fluosilikaat, registrasienommer L5437 ) is ‘n baie doeltreffende nuwe gerigestreerde lokaas in die mark en beskikbaar by meeste kooperasies.

  4. Petro Jooste
    Petro Jooste

    Hi ek het ‘n vreeslike plaag van termiete. Hulle het al my boeke verniettig, van my meubels, linne ens. Wat nou gemaak ek het al ‘n poeier gebruik, en iemand het vir my gese ek moet parrafiengooi en niks wil werk nie. Elke week moet ek 2keer die huis skuif en skoon maak want as ek dit nie doen nie vrnietig hul als. elkekeer as ek skoon maak kom ek op die peste af. Eks nou moedeloos!!!!!

  5. Johann Kluyts
    Johann Kluyts

    Hi
    Ek lees oral dat termiet verwydering uit huise deur ‘n professionele persoon gedoen moet word.
    Kan iemand my asb na so iemand verwys ?

    Groete
    Johann

    • Jan Bezuidenhout

      Johann, Google net termite control met jou dorp/stad se naam. Sterkte!

  6. annelize Larkins
    annelize Larkins

    Ek en my man het siper metrien gekry en ons het die termiete dood gekry met dit.Ons spuit maar kort kortbok seker te maak hul is dood.

  7. Maria Du Toit
    Maria Du Toit

    Hi. Ons sit met net so groot termiet plaag. Hul is onder die grond en stoep amper reg rondom die huis. Hul het al in een van die kamers verskyn binne die huis. Ons het al n paar keer gif gegooi en dit help n rukkie dan is hul weer terug. Snaakste van als die keer is di grond vol honderde klein wit sampioene!? Enige raad? Ek hoor profesioneel is seker die beste maar ek vrees die prys!!

    • Jan Bezuidenhout

      Maria,
      Lees asb. dr. Verdoorn se volledige antwoord hierbo. Die antwoord wat jy soek, is daar.
      Groete

  8. Elza Stander
    Elza Stander

    Wil graag weet wat om te doen met die verharding van die grond waar termiete n nes gemaak het. Wil graag plante plant, maar die grond is so hard dat plante en gras nie goed groei nie
    Ek beheer die termiete in my tuin

    • Jan Bezuidenhout

      Elza,
      ons het nie ‘n tuinboukundige om by raad te vra nie. Besoek jou naaste kwekery en gesels met hulle, asb.
      Sterkte

  9. CFisher123
    CFisher123

    In die Vaalwater / Modimolle area is baie termiete / miere in die veld. Met gevolg die gras is plek plek weg en daar is net kaal grond. Kan ek bogenoemde gifstowwe gebruik in veld of sal dit nadelig vir diere en voels wees?

    • Jan Bezuidenhout

      Dr. Gerhard Verdoorn skryf:
      Betreffende die termietlokaas: as die lokaas volgens voorskrif gebruik word is die kanse dat voëls vergiftig sal word uiters skraal omdat hulle nie die lokaas sal eet nie en ‘n tarentaal sal kilogramme lokaas moet vreet om iets oor te kom. Soogdiere is effens anders omdat hulle uit nuuskierigheid die lokaas mag vreet maar weereens sal dit kilogramme per dier moet wees. Nietemin moet mens altyd die beste voorsorg tref naamlik streng volgens etiket toe te dien en tweedens as daar wild en vee in die kamp is om slegs klein hoeveelhede lokaas toe te dien sodat die termiete alles baie vinnig neste toe dra voordat wild of vee moontlik daarvan mag eet.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X