Beheer van ronde miershope
Vraag
Ronde miershope word ‘n al hoe groter probleem in ons area. Hoe kan ek hierdie probleem oorkom?Antwoord
Die produk wat geregistreer is om die grasdraertermiet wat sulke groot termiethope maak, mee te beheer is D-D 92 Soil fumigant (bevat 1,3-dichlorpropeen) met registrasienommer L4988 van BASF. Daar moet een of twee gate in die termiethoop gemaak word en dan moet 10 tot 20 ml van die produk so diep as moontlik in die gate ingespuit word – die gate moet daarna verseël word sodat die produk in sy gasfase the hele nes kan penetreer en uitwis.
Iets anders wat baie belangrik is ten einde termiete in bedwang te hou, is om die erdvarke en aardwolwe (ook bekend as weerwolwe of maanhaarjakkalse) ten alle koste te beskerm. Gesonde bevolkings van die twee diere het gewoonlik ‘n groot dempende effek op termiete. Sommige grondeienaars krap ook die termiethope met trekkers en ploegskare oop sodat die erdvarke en aardwolwe die termiete makliker kan bykom.
Geskryf deur: dr.Gerhard Verdoorn (nesher@tiscali.co.za)
4 September 2012
in die weskaap is geen erdvarke waar ek bly meer oor nie, 30-40 jaar terug volop – vandag niks!
het sowat 7jaar terug totaal van 2ooohektaar met ford 3000 alle miershope met eenskaar ploeg in die winter oop gebreek. Die ruseltaat was anfanklik suksesvol. Die afgelope 2 jaar n absolute miershoop ontploffing u moet dit sien om te glo. Dit is eintlik vreesaanjaend om so oor die kamp te kyk. Chemiese beheer is n oplossing maar baie tydrowend,arbeid en koste effektief.. Ek neem ook waar dat die miershope in die omgewing buite beheer is. Het iemand vir my n koste effektiewe raad deur net te breek help net vir die oog en klein persentasie vrek.Watter meganiese + chemiese raad stel jul voor.HELP ASB
Is dit nie moontlik om met termiete (protiëne) te boer en na Sjina en Japan as snoepery uit te voer nie?