Beheer van Pompombossies
Vraag
Hoe kan ek onslae raak van Pompombossies wat in my lande opkom ? Ek het hulle al met rugsakspuit probeer doodspuit met Roundup bossiedoder, maar dit lyk nie of dit werk nie. Is daar vir my raad asb ?Antwoord
Pompom kan beheer word met Plenum 160 ME (L7702), wat fluroksipir en pikloram bevat, Brush-Off (L4535) of Climax (L6867) beide bevat metsulfuron-metiel of Access 240 SL (L4920, bevat pikloram). Sover my kennis strek, werk die Plenum die heel beste.
Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)
28 Maart 2014
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans