Chemikalieë

Beheer van onkruid by groente

Vraag

Is daar onkruiddoders beskikbaar wat jy voorkomend vir onkruid in groentetuin kan spuit, (voordat onkruid opkom ) in die lente en om dan daarna eers te plant?

Antwoord

Dis ‘n redelike algemene beginsel om voordat gewasse aangeplant word, die grond met ‘n geskikte onkruiddoder te behandel, wat dan die onkruide se onkieming sal verhoed. Die aktiewe bestanddeel wat vir die meeste groentegewasse geregistreer is om voor plant aan te wend, is trifluralien.

Dit is egter belangrik om die etikette van onkruiddoders wat trifluralien bevat, deeglik te bestudeer sodat verseker kan word dat die produk wel op die beoogde groentegewasse geregistreer is en dat die korrekte dosis toegedien kan word.

Gewoonlik met ‘n klei-inhoud van tot 15% word 1 liter per hektaar aangewend, met klei-inhoud van 16 tot 35% word 1.5 liter per hektaar aangewend en met klei-inhoud van 36 tot 50% word 2 liter per hektaar aangewend.

Die produkte wat beskikbaar is, sluit die volgende in: Makhrotref 480EC (L8095 van Makhro-Agro), Rifle (L8137 van Villa Crop Protection), Trifluralin (L5433 van Arysta LifeScience), Trifluralin 480EC (L7970 van Arysta LifeScience), Trifluralin EC (L4555 van Universal Crop Protection) en Triflurex 480 EC (L5350) van Makhteshim-Agan.

Hierdie produkte is onder andere op koolgewasse, wortels, rissies, tamaties en droë bone geregistreer.  

Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)

 

27 Novemberr 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X