Beheer van katbos
Vraag
Ek woon in die Wolmaranstad-omgewing Ek het `n katbosstruikplaag op die plaas. Ek wil asseblief raad hê hoe ek die plante kan dood maak sonder om die gras en ander bome dood te maak.Antwoord
Imazapir is geregistreer. Die handelsname is Hatchet (L7409 van Arysta LifeScience) en Chopper (L3444 van BASF). Die mengsel is 63 ml van die produk in 10 liter water. Spuit die aktief groeiende plante daarmee en vermy kontak met ander plante rondom die katbos. Kanse vir skade is min as dit reg aangewend word. Die effek op grasse is baie min en giftigheid vir diere ook nie beduidend nie.
Geskryf deur: dr.Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)
24 September 2012
Ek boer in die distrik van kroonstad en het chemies die katbos bestry met chopper. Dit is suksesvol maar tydrowend en moet baie omsigtig gebtiuk word en liefs nie naby bome nie. Ek het egter gedurende die begin van 2012 harige wurms opgemerk wat slegs die katbos aanval. Fotos was geneem en wag nou dat hulle weer inkubeer en die katbos aanval. Sal dan die Universiteit van die Vrystaat en Dept Landbou kontak om navorsing te doen indien nog nie beken is nie, moontlik n oplossing om biologies die katbos aan tespreek. Wit swamme is ook waargeneem wat die katbos aanval. Grootste verspreider in my omgewing van katbos saad is die miusvoels wat in groot swerms voorkom.
Groete
Sampie
Hoe gereeld moet die spuit prosess herhaal word, hoe beheer die gif die kat bos plant.
die katbos word eenmalig bespiut en kwyn dan weg oor n tydperk, my ervaring is na die eerste groeiseisoen degenereer die katbos en kan naderhand nie waargeneem word nie. Die situasie moet egter gemoniteer word vir saailinge wat weer kan opkom.
Ek boer naby Heilbron. Ek gebruik n mengsel van Roundup en Chopper.Dit werk beter as jy die bos eers sny of kap voor bespuiting. Maar dit is baie arbeids intensief en vat lang om resultate te wys. Soms moet die bos 2 of meer keer behandel word. Is daar nie n beter chemiese stof besikbaar nie?
is daar enige diere (veral wild) wat die katbos sal vreet!?
Goeie Middag
ek wil graag weet wat is die wetenskaplike naam vir katbos? indien iemand kan help sal ek dit baie waardeer
Ons spuit katbos uit met brushfree chemiese middel kontak my vir verkope 0823751701
Ek sal graag van Mnr.S.Prinsloo wil hoor hoe die eksperiment vorder.
Ek sal graag van Mnr.S.Prinsloo wil hoor hoe die eksperiment vorder.
Ek woon in n eko-landgoed op die oewers van die vaal rivier net buite Sasolburg. Dit is n wonderlike boom en voel ryke gebied, en laat mens daagliks net dankie se dat daar nog sulke gebiede in die Vrystaat is. Met n bietjie verbeelding voel dit of jy in die bosveld woon. Daar is plekke waar ons inheemse bome en katbos in digte stande voorkom. Lede van die plaaslike boere gemeenskap het ook in die kompleks ingetrek, en wil die redelike digte stande van katbos met chopper of hatchet bestry. Ek is van mening dat dit n gevaar sal inhou vir die ander plantegroei en bome. Ek sou tog graag van omgewingsbewuste boere hoor wat hulle ervaring is met katbos bestryding en skade aan ander spesies. In der waarheid is my waarneming dat die katbos n waardevolle nesbou en skuilplek vir ons voels en klein soogdiere bied. Ek het ook waargeneem dat die katbos as pionierplant optree en dat nuwe saailinge van wag n bietjie, pendoring, bloubos en soetdoring vanuit die digste katbosse ontstaan. Persoonlik dink ek nie die katbos is vir ons n probleem nie, eerder n ekologiese bate. Onthou hierdie is n eko landgoed en nie n weiplaas nie!
Hoor graag van julle.
Sampie
Het jy al enige terugvoering ontvang rondom die navorsing oor natuurlike vyande van katbos?
Goeiedag
Na twee hewige veldbrande hier in Muldersdrif is my plaas oortrek van Soetdoring en Katbos.
Een gedeelte is so dig , jy kan nie daar loop nie.
Vir veiligheid verkies ek dat die bome bly, maar die jong bosse moet uit. Wat kan ek spuit ? Aletta