Chemikalieë

Beheer van indringerplante in padreserwes

Vraag

Help asb. met doeltreffende chemikalieë vir padrante en bosse binne pad se grensdrade. Bosse is hoofsaaklik vaalbos, suurkree(karee), swarthaak en skilpadbos (baie taai).

Antwoord

Padreserwes word dikwels deur inheemse sowel as uitheemse indringerplante toegegroei. Die neiging om bloot langtermyn onkruiddoders te spuit, is baie gevaarlik omdat dit nie alleen die grond binne die padreserwes steriliseer teen die groei van houtagtige plante nie, maar ook dikwels met reën sulke onkruiddoders laat loog tot baie ver binne die plaasgebied waar kosbare bome dan in die slag bly.

Verdere probleme ontstaan omdat daar nie onkruiddoders vir al die ongewenste plante geregistreer is nie. Al wat ek dus wettig kan aanbeveel, is die produkte Acccess (L4920 van Dow AgroSciences) en Browser (L7357 van Arysta LifeScience) wat beide 240 gram per liter pikloram bevat. Dit word aan die stamme van die plante aangesmeer sodra dit afgesny is. Lees die etikette noukeurig en volg dit streng na!!

Geskryf deur: dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum (nesher@tiscali.co.za)

 

27 November 2012


Kommentaar

Een kommentaar op “Beheer van indringerplante in padreserwes

  1. TJ GROBLER
    TJ GROBLER

    Kan u my help Ek soek na ‘n chemikaliee om vaalbos
    in die Vryburg area onder beheer te bring.sekere areas raak ontoeganklik.Baie dankie Johan Grobler


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X