Chemikalieë

Ammoniak in skaapkraal

Vraag

My skape het baie loopneus in die oggende maar in die middae is hulle neuse droog. Ek vermoed deurdat ek nie goeie ventilasie in die kraal het nie dat ammoniak dalk hulle neuse brand. Is daar iets wat ek die skaapkraal kan bespuit teen ammoniak?

Antwoord

Die moontlikheid van ammoniak kan nie uitgesluit word nie maar ek kan nie self bevestig nie want die inligting is effens skraps.

Nietemin, as daar wel ammoniak teenwoordig is, sal ander simptome ook manifesteer: geïrriteerde slymvliese om die bekke, brandende en bloedbelope oë sowel as respiratoriese probleme en slym in die trachea en bronchi van die skape. Ten einde die moontlike ammoniakdampe te neutraliseer, sal ‘n mens een of ander swak suur moet aanwend wat die ammoniakgas kan bind en neutraliseer. Dit mag natuurlik nie die skape benadeel nie.

Ek sou reken dat die boer eers die ventilasieprobleem moet aanspreek anders gaan selfs ‘n swak suur nie veel effek hê nie. Miskien is die beste raad om eers die ventilasie aan te pak en dan ook die vloere met houtskool te bestrooi omdat dit ‘n groot deel van enige ammoniak absorber. Dit moet egter gereeld gewissel word.

* Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon Gif-inligtingsentrum.

9 Februarie 2012


Kommentaar

Een kommentaar op “Ammoniak in skaapkraal

  1. David Krynauw
    David Krynauw

    Ek boer met inheemse bokke en het ‘n soortgelyke probleem. Ek sal graag met die persoon wie die vraag gestel het kontak wil maak. My selfoonnommer is 082-668-1440


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X