Aktiewe tydperk van gifstof
Vraag
Ek het ongeveer 'n 2 jaar gelede 'n trekker-aangedrewe gifspuit (1000l kapasiteit ) gebruik om die gif Polytrim 200 EC van Villacrop te spuit teen die aanbevole sterkte (aktiewe bestandeel sipermetrien). Ek wil nou dieselfde spuit gebruik om 'n spuitdip (met Dazzel N F vir toediening op varke ) aan te dryf. My vraag is of die Polytrim wat voorheen in die spuit gebruik is nog 'n negatiewe uitwerking op die varke kan hê en indien wel, hoe kan ek die gif neutraliseer? Is die uitspoel van die tenk bv. voldoende ?Antwoord
Sipermetrien kom voor as aktiewe bestanddele in een van die ektoparasietmiddels wat vir varke geregistreer is en dus is daar nie rede om te glo dat die middel varke sal benadeel as dit teen die regte dosis aangewend word nie. Wat egter problematies mag wees is as daar gekonsentreerde sipermetrien in die spuit agter gebly het en dus moet die tenk deeglik gespoel word met een kwart van die volume drie keer na mekaar. Dit sal alle residue wegwas waarna die spuit met Dazzel NF gebruik kan word.
* Geskryf deur dr. Gerhard H Verdoorn
ja ek stem saam