Ek was as ‘n jong seun werksaam by Andrag, waar ons windpompe vervaardig het. Ons bestuurder het Duitsland destyds besoek om meer uit te vind oor wind-energie m.b.t. windpompe.

Die idee was ‘n 3 x blad-windpomp wat agterstevoor loop. Ek het dit gesien werk. Baie moeite is met die vlerke gedoen en elke 10 mm is wiskundig uitgewerk. Ek was nie daarby betrokke nie, maar soos die deursnee vergroot, hoe groter is die spoed, hoe groter is die "draft".

Dit was ‘n groot inovasie vir daardie tyd, maar wat van dié idee geword het, weet ek nie.

Ek het Duitsland verlede jaar besoek en eerstehands verneem dat die boere daar windplase sal verbied as hulle kon. Hulle was egter in vervloeë dae gretig om die regeringsubsidies daarvoor te ontvang om ‘n windgenerator of twee op hul plase op te rig.

Maar, deesdae dryf die wisselende gesuis van dié vlerke, soos hulle afkom aarde toe, dié boere tot raserny. Dit het ‘n erge nadelige uitwerking op die grondeienaars se gesondheid en dit word selfs vergelyk met ‘n vrou wat daglank kyf.

Ek lag nou maar net as ek hoor dat windplase die antwoord vir van ons probleme bied.

Pieter van der Vyver (pvdv@eccsystems.co.za)


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.